AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8916
0,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6357
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3888
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3978
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Protes, voëlgriep gee hoenderbedryf hoop

Die vakbond Fawu het die stryd teen ingevoerde hoendervleis betree.

Die pluimveebedryf se voortgesette stryd teen ingevoerde hoendervleis het nou nuwe momentum gekry met die toetrede van die Food and Allied Workers’ Union (Fawu).

Dié vakbond het verlede week ’n beroep op die Regering gedoen om ’n handelsoorlog te verklaar om die ongelyke speelveld waarop die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf met Europese lande moet meeding, gelyk te maak.

Fawu het ’n petisie aan die Parlement oorhandig waarin hy onder meer eis dat:

¦ Die Parlement die Kabinet en die Ministerie van Handel en Nywerheid ondersteun in hul pogings om die storting van hoendervleis uit die Europese Unie (EU) te keer.

¦ ’n Ooreenkoms met die betrokke uitvoerlande aangegaan word wat sal verseker dat Suid-Afrikaanse hoenderprodukte die EU-mark betree en dat die Suid-Afrikaanse Regering terugslaan met soortgelyke tegniese versperrings en tariefvrye beskermingsmaatreëls as wat die EU gebruik.

¦ Onderhandelinge vinnig moet geskied om meer werksverliese te voorkom.

Intussen het die Regering verlede week ’n verbod op hoendervleis uit Duitsland ingestel ná ’n waarskuwing deur die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) oor ’n uitbreking van die hoogs aansteeklike H5N8-voëlgriep in die EU. Daar is hoop dat dié maatreël tydelike verligting vir Suid-Afrikaanse hoenderprodusente kan bring.

30% of meer

Die pluimveebedryf se aansoek vroeër vanjaar by die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) om ’n beskermingsmaatreël teen ingevoerde hoenderstukke aan die been uit die EU te kry, het louwarm reaksie by die tariefowerheid ontlok.

Die Itac het ’n tarief van slegs 13,4% by dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, aanbeveel. Die pluimveebedryf sê egter ’n teenstortingstarief moet 30% of meer wees om ’n invloed te hê. “Ons glo nie enige tarief laer as 37% sal werk nie,” sê mnr. Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV).

Hy sê die EU-kommissie het bevestig dat Davies reeds aan hom geskryf het, maar teen druktyd het Davies nog nie sy besluit oor ’n tarief aangekondig nie. Lovell het verwag dat dit binnekort sou gebeur. Hy sê vorige ervaring het gewys die enigste teenstortingstariewe wat gewerk het, was die 30% of meer wat teen Duitse maatskappye ingestel is.

Verbod

Fawu en die genoteerde hoenderprodusent RCL Foods het die Regering se verbod op hoendervleis uit Duitsland verwelkom. Suid-Afrika se reaksie is soortgelyk aan talle ander lande s’n, sê RCL Foods in ’n verklaring.

Volgens die maatskappy is die hoogs aansteeklike H5N8-stam die afgelope weke in agt Europese lande geïdentifiseer. Hoewel die meeste voorvalle onder wilde voëls was, is maatreëls getref om te keer dat dit na die voedselbedryf versprei. Ten spyte daarvan is H5N8 op ’n pluimveeplaas in Nederland gevind en 190 000 eende is toe van kant gemaak.

  • Dié berig is deur CARIEN KRUGER en JOYLENE VAN WYK saamgestel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.1%
Rand - Pond
22.24
-0.0%
Rand - Euro
19.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
983.39
-0.2%
Palladium
1,425.15
-1.2%
Goud
1,990.87
-0.2%
Silwer
23.12
+0.1%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
70,066
0.0%
Alle aandele
75,585
0.0%
Hulpbronne 10
65,190
0.0%
Industriële 25
102,646
0.0%
Finansiële 15
15,424
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot