AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Pryse van vleis en olies laat voedselinflasie styg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: LBW-argief
Foto: LBW-argief
Die hoër pryse van rooivleis en hoendervleis, asook van olies en vette was in September van die belangrike bydraers tot voedselinflasie.

Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) sê in ’n ontleding rooivleispryse is hoog weens laer slagsyfers en stygende wêreldpryse. Laasgenoemde geld ook hoendervleispryse, terwyl die verswakking van die rand in die derde kwartaal ’n bykomende faktor was.

“Ondanks olies en vette se klein gewig in die voedselmandjie is dit steeds ’n sleutelbydraer, met inflasie van 22,4% op ‘n jaargrondslag. Dit word aangedryf deur internasionale faktore, wat aanbodbeperkings van produkte soos palm- en sonneblomolie insluit, tesame met ’n sterk vraag na oliesade vir dierevoer en grondstof vir biobrandstof (wat nou verbind is met ruoliepryse wat sedert September 2020 meer as verdubbel het).”

Voedselinflasie was in September op ’n jaargrondslag 6,6% en het 1,1 persentasiepunt tot die verbruikersinflasie van 5% bygedra. 

Stygings in pryse

Vleis was in dié maand 10,3% duurder as ’n jaar gelede, vis 5,2%, melk, kaas en eiers 5,55%, groente 4,2%, suiker en suikerryke voedsel 5,8% en brood en graankosse 3,2%.

Produkte wat algemeen gekoop word en waarvan die jaarlikse inflasiekoerse in September meer as 10% was, was sonneblomolie, droëbone, polonie, supermieliemeel, kitsbevrore hoenderstukke en skaap-/lamsvleis.

BFAP monitor die koste van ’n gebalanseerde mandjie van 26 voedselprodukte vir lae-inkomstehuishoudings van vier mense. In Augustus het dit R2 864/maand beloop, 2,8% duurder as ’n jaar gelede. 

Vooruitsigte

“Ons verwag dat pryse vir olies en vette eers in die eerste twee kwartale van 2022 betekenisvol sal begin daal, met die 2021-’22-seisoen se fundamentele faktore vir wêreldvraag en -aanbod wat dui op produksiesurplusse en die herstel van voorrade van sojabone, sonneblom- en palmolie.”

Voortgesette bottelnekke met verskeping kan die uitwerking hiervan egter omkeer.

Oor groentepryse sê BFAP dit het in September stewig gebly weens rypskade in die laatwinter in die noordelike dele van die land, maar dit lyk asof die uitwerking daarvan in Oktober afgeneem het, met verbeterde volumes op varsproduktemarkte.

Inflasiesyfers kan vir die res van die jaar opwaarts bly neig omdat vleispryse na verwagting in die aanloop tot die feestyd sterk kan bly. Volgens BFAP is hoër prysneigings reeds sigbaar in die speenkalfmark. Internasionale markte bly ook sterk, grootliks weens volgehoue voorraadafname in belangrike grane en oliesade, en beperkings in die aanbod van bees- en lamsvleis uit Oseanië en Suid-Amerika.

Ander faktore soos die verwagte stygings in brandstofpryse kan bydra tot die koste van produksie, verwerking en verspreiding, wat opwaartse druk op voedselpryse in die algemeen kan plaas.

“Na verwagting sal verbruikers net ’n deel van dié prysstygings kan absorbeer aangesien toonaangewende ekonomiese rigtingwysers van vraag, soos kleinhandel- en voertuigverkope, daarop dui dat verbruikers reeds onder druk is.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.60
-0.5%
Rand - Pond
22.79
-0.3%
Rand - Euro
20.03
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.43
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
985.40
+0.1%
Palladium
1,407.80
-0.6%
Goud
1,967.72
-0.6%
Silwer
22.51
-0.1%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot