AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9878
-38,00
CORN
22 Mrt
-
4458,6
-6,40
SOYA
22 Mrt
-
8450
-62,00
SUNS
22 Mrt
-
9320
-270,00
WEAT
22 Mrt
-
6525
-85,00
WMAZ
22 Mrt
-
3870
-80,00
YMAZ
22 Mrt
-
4130
-78,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

R8 miljard per dag verloor weens Transnet-staking

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Verkaf
Ter illustrasie. Foto: Verkaf
Die Suid-Afrikaanse ekonomie verloor moontlik reeds meer as R8 miljard per dag weens die staking waaraan Transnet-werkers sedert Donderdag deelneem.

Die uitwerking daarvan op die Suid-Afrikaanse ekonomie kan erger wees as die huidige beurtkragkrisis.

Daar is steeds geen oplossing tussen Transnet en die United National Transport Union (Untu) nie, maar intussen word wyd gewaarsku oor die vernietigende uitwerking daarvan op die ekonomie.

Erger as Eskom-krisis

“Die uitwerking van die staking is baie erger as dit met die huidige energiekrisis vergelyk word,” waarsku dr. Juanita Maree, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse vereniging van vragversenders (SAAFF).

“Soos ons gedurende die pandemietydperk geleer het, bly dit van deurslaggewende belang om ons verskaffingskettings te alle tye aan die gang te hou. Ons navorsing toon die logistieke vertragings wat die verskaffingsketting nou ervaar, kos Suid-Afrika reeds R100 miljoen tot R8 miljard per dag.”

Maree sê volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Suid-Afrika R343 miljard se handelsware in Augustus verhandel (in- en uitvoer).

“As in ag geneem word dat 70% van die goedere afhanklik is van seevervoer, blokkeer die staking per dag goedere ter waarde van R8 miljard. Reken jy die uitkringeffek daarvan by, word die impak van die staking te veel vir Suid-Afrika om te absorbeer gegewe die huidige ekonomiese klimaat,”

Sy sê een dag se verlies aan hawe-aktiwiteit veroorsaak dat daar op bedryfsvlak tien dae nodig is om van net die een dag te herstel.

“Ons skatting oor die ekonomiese impak is konserwatief, dit kan selfs baie meer wees. Die staking wurg die ekonomie tot by breekpunt en daarom is dringende optrede nou nodig. Internasionale handel bly een van Suid-Afrika se kernaandrywers vir ekonomiese groei en ontwikkeling.”

Maree sê dit is duidelik dat die besluitnemers oor die staking nie die volle prentjie het oor die uitwerking wat die staking op die ekonomie kan hê nie. “Die onbedoelde gevolge van stakings by die hawens gaan baie erger wees as die impak van die huidige energiekrisis as dit nie gou bygelê word nie. Ons kan nie net op ’n tussentydse plan voortgaan nie.”

Intussen verskil Transnet en Untu steeds oor die meriete vir die staking. Transnet glo dit is ’n onwettige staking, maar Untu verskil daarmee. Lede van ander vakbonde gaan hul boonop moontlik vandag by die stakende werkers aansluit.

Infrastruktuur net-net onderhou

Die staking het weer probleme met die infrastruktuur by Suid-Afrika se hawens en die impak daarvan op uitvoerbedrywighede van onder meer vrugte en wyn uitgelig.

Absa het verlede week in ’n verslag oor Suid-Afrika se infrastruktuur en hoe die regering geld daaraan bestee, bevind die stand van infrastruktuur vir onder meer kragvoorsiening, hawens, die spoorwegnetwerk, en water en sanitasie moet dringend aangepak word.

Die bruto plaaslike vaste belegging in Suid-Afrika het van 2008 af drasties begin daal. In die derde kwartaal van 2022 was dié belegging maar 14% van die bruto binnelandse produk teenoor die hoogtepunt van 22,7% in die laaste drie maande van 2008. Dié daling wys geld wat wel bestee word, is grootliks vir onderhoudswerk pleks daarvan om kapasiteit uit te brei en te groei.

Absa glo die daling in besteding kan gedeeltelik toegeskryf word aan die private sektor wat nie meer so baie geld bestee soos voorheen nie.

Bykomende bron: Bloomberg/News24

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.54
-0.0%
Rand - Pond
22.77
-0.5%
Rand - Euro
19.99
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
978.14
+0.6%
Palladium
1,391.36
-1.1%
Goud
1,941.90
+0.1%
Silwer
22.45
+0.2%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,526
+1.1%
Alle aandele
74,984
+1.0%
Hulpbronne 10
65,273
-0.6%
Industriële 25
101,309
+1.5%
Finansiële 15
15,343
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot