
Boere toon groot belangstelling in die 13 plase wat die hoenderprodusent Rainbow Chicken tussen Durban en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verkoop.
Mnr. Deon Ketz van RCL Foods se verbruikersafdeling sê die plase is 10 ha tot 440 ha groot, beslaan altesame 1 000 ha, met pryse wat wissel van R9 miljoen tot R60 miljoen.
Dit word verkoop nadat Rainbow weens veral goedkoop invoer genoop was om sy hoenderproduksie af te skaal.
Ketz sê baie van die plase is geskik om in berggeriewe omgeskakel te word. Twee is reeds vir ligtenywerheidsgebruik gesoneer en ander sou vir kommersiële of residensiële ontwikkeling gesoneer kon word.
Lees ook: ‘Moenie ons werkgeleenthede uitvoer’