AFGRI
BEAN
19 Aug
-
8750
235,00
CORN
19 Aug
-
4242
104,00
SOYA
19 Aug
-
8420
120,00
SUNS
19 Aug
-
10828,4
112,40
WEAT
19 Aug
-
6821
-9,00
WMAZ
19 Aug
-
4283
58,00
YMAZ
19 Aug
-
4112
68,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Ramaphosa: Grondgrype 'sal nie toegelaat word nie’

akkreditasie
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa is oortuig dat die wysiging van artikel 25 van die Grondwet nie eiendomsreg ondermyn nie, maar eerder die eiendomsreg van alle Suid-Afrikaners uitbou.

Ramaphosa het repliek op die debat oor sy staatsrede gelewer. In die debat is hy veral deur die DA sterk aangevat oor die stappe wat gedoen word om die Grondwet te wysig om duidelik aan te dui dat onteiening met nul vergoeding toegepas kan word wanneer grond vir grondhervormingsdoeleindes onteien word.

Ramaphosa het ’n beroep op landsburgers gedoen om artikel 25 van die Grondwet baie fyn te lees, “want dit gaan oor die uitbreiding van grondbesit aan alle Suid-Afrikaners. Dit is nie oor die uitbreiding van grondbesit vir sommige Suid-Afrikaners soos in die verlede nie.”

Hy het benadruk dat die proses op ’n grondwetlike manier en binne die oppergesag van die reg hanteer sal word. “Grondgryp sal nie in ons land toegelaat word nie.”

Inklusiewe groei

Ramaphosa het gesê grondhervorming is ’n belangrike deel van inklusiewe groei.

As die patrone van grondeienaarskap in die land nie verander word nie, en alle Suid-Afrikaners nie toegang tot grond vir landbou, besigheid en behuising kry nie, sal nie net ’n ernstige onreg voortgesit word nie, maar die ekonomiese potensiaal van die land en sy mense sal gestrem word.

“Die tekort aan grond is saam met die tekort aan vaardighede die grootste struikelblokke vir groei en vooruitgang.”

Ramaphosa het gesê om hierdie rede word ’n program aangepak ten bate van versnelde grondhervorming wat nie net op die herverdeling van grond, restitusie en hervorming van verblyfreg konsentreer nie, maar ook op die ondersteuning wat die begunstigdes benodig. Dit sal die vorm aanneem van opleiding, finansiering, voorligtingsdienste en werktuie om suksesvolle boere te verseker.

Hy het benadruk dat die regering die wysiging van artikel 25 ondersteun en dat ’n nuwe wetsontwerp op onteiening opgestel word wat die omstandighede sal uiteensit oor watter grond sonder vergoeding onteien mag word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.91
-0.2%
Rand - Pond
20.15
-0.1%
Rand - Euro
17.05
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,753.47
-0.3%
Silwer
19.29
-1.3%
Palladium
2,141.50
-0.8%
Platinum
906.50
-0.8%
Brent-ruolie
96.59
+3.0%
Top-40
64,179
-0.0%
Alle aandele
71,000
-0.0%
Hulpbronne 10
63,866
-0.0%
Industriële 25
87,128
+0.3%
Finansiële 15
16,101
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Liefdevol
Ek is 46 en weduwee. Wil graag nuwe vriende ontmoet op die hoop vir nuwe liefde. Ek is onafhanklik. Ek is lief vir my familie en diere. Ek hou baie van lag. Ek is baie sagte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot