AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Ramaphosa se herverkiesing ‘goed vir die landbou’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Cyril Ramaphosa is Maandag herkies tot president van die ANC. Foto: ANC-webtuiste
Mnr. Cyril Ramaphosa is Maandag herkies tot president van die ANC. Foto: ANC-webtuiste
Omdat pres. Cyril Ramaphosa die landbou goedgesind is, is dit uitstekende nuus vir Suid-Afrika dat hy as president van die regerende party herkies is.

“Dit is inderdaad goeie nuus dat Ramaphosa herkies is, gegewe al die drama tydens die afgelope kongres,” sê mnr. Christo van Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

“Die meeste in die topsewe is Ramaphosa-ondersteuners. Hy het hul ondersteuning nou meer as ooit nodig. Die RET/Zuma-faksie is gewond en is nou op hul gevaarlikste. Ramaphosa sal sy agenda om korrupsie vas te vat nog verder moet verskerp en al die skuldiges agter tralies moet kry,” volgens Van der Rheede. 

Die uitslae in die ANC se topsewe-leiersverkiesing is Maandag amptelik bekend gemaak. Pres. Cyril Ramaphosa is tot ’n tweede termyn as ANC-president verkies met 2 476 stemme teenoor sy teenstander, dr. Zweli Mkhize, wat 1 897 stemme ontvang het. 

Die ANC se nuwe adjunkpresident is mnr. Paul Mashatile, ’n groot figuur in Gauteng, die party se voorsitter is weer mnr. Gwede Mantashe en mnr. Fikile Mbalula is as die sekretaris-generaal gekies.

Dit is die eerste keer dat drie vroue deel is van die top-ANC-lede. Die eerste adjunk-sekretaris-generaal is me. Nomvula Mokonyane, die tweede adjunk-sekretaris-generaal is me. Maropene Ramokgopa en dr. Gwen Ramakgopa is as tesourie-generaal gekies.

Mantashe, Mbalula en Ramakgopa word allerweë beskou as bondgenote van Ramaphosa.

Kommentators het kort ná die bekendmaking onder meer gesê dit is verrassend dat KwaZulu-Natal wat vir die grootste groep ANC-stemblok sorg, nie ’n leier in die top-7 het nie.

Top 7
Die ANC se nuutgekose top-sewe. Van links: Me. Maropene Ramokgopa, me. Nomvula Mokonyane, mnr. Fikile Mbalula, mnr. Gwede Mantashe, mnr. Cyril Ramaphosa, mnr. Paul Mashatile en dr. Gwen Ramakgopa. Foto: ANC-Twitter

Ramaphosa goed vir landbou

Agri SA glo Ramaphosa se verkiesing tot ANC president is ook goed vir die landbousektor. Ramaphosa kon nie tydens Agri SA se konferensie vroeër vanjaar self sy toespraak aan die georganiseerde landbou lewer nie. Hy het sy toespraak aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondsake en landelike ontwikkeling, oorgelaat om te lewer. 

“In die toespraak het hy (Ramaphosa) groot gewag gemaak van die landbou. Onder meer het hy die gesê: ‘Ons ervaring tydens die pandemie het gelei tot ’n groter openbare waardering vir die rol van landbou. Boere is die lewensaar van ons land en as regering bevestig ons ons onwrikbare steun aan die sektor en belowe om alles binne ons vermoë te doen om die volhoubaarheid en groei daarvan te verseker.’

Mbalula skuif

Die nuwe topsewe is in ’n paar opsigte interessant ná twee weke van ongekende onsekerheid en twyfel voor die nasionale konferensie, meen mnr. Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool. 

“Ramaphosa het sy oorwinning van Nasrec I in 2017 vergroot en in die proses het KZN weereens nie ’n enkele verteenwoordiger in die topsewe nie. Die argitek van die oorwinning was beslis Gwede Mantashe wat ook herkies is as nasionale voorsitter. Paul Mashatile het die adjunkpresidentskap  gewen omdat daar drie kandidate was en mnr. Ronald Lamola was die duidelike verloorder hier.

“Die nuwe sekretaris general is Fikile Mabalule en op ’n manier is dit ’n bedekte seën vir die land, want dit beteken hy sal nie meer in die kabinet kan dien nie; sy werk is nou om die ANC voltyds te fix.” 

Die aanwysing van drie vroue in die topsewe is grensverskuiwend vir die ANC. Die span rondom Ramaphosa is beslis meer lojaal aan hom as die topses van Nasrec 2017 wat in totaal verdeeld was.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê mense moet probeer optimisties bly ongeag wat binne die ANC gebeur, maar hy gee toe dit is nie elke dag maklik nie. 

“Die ANC stel die party eerste, nie Suid-Afrika of sy mense nie. Ons is nie seker waar lê die lojaliteite van die top-ANC-lede wat verkies is nie. En ongelukkig het ons al gesien dat die party besluite neem wat die markte ’n vuishou gee, ondanks sy voorneme van ekonomiese groei,” sê hy. “Ons wag nou om te sien watter beleid hy gaan volg in die landbou – as daar ’n paar vlammetjies van hoop opgaan, sal ons dankbaar wees. Maar net die tyd sal leer.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot