AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Ramptoestande in vier provinsies vererger

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Al is ’n nasionale rampdroogtetoestand nie in hierdie stadium nodig nie, moes die Oos-, Wes- en Noord-Kaap, asook Limpopo beslis al meer as ’n jaar gelede tot rampgebiede verklaar gewees het, sê mnr. Willem Symington, hoof van Agri SA se rampbestuursentrum.

’n Ontstellende prentjie oor die omvang van die droogte in veral hierdie provinsies het op ’n nuuskonferensie van Agri SA in Centurion na vore gekom. Terselfdertyd is ’n omvattende droogteverslag deur Agri SA bekend gestel en verskeie bedryfsleiers het oor die omvang van die droogte in hul onderskeie bedrywe gepraat.

“Sowat R1 miljard is onmiddelik nodig net om noodvoer te verskaf aan diere wat vrek,” is Symington se raming. “As hierdie geld bestee is en dit reën steeds nog nie, is die krisis steeds nie verby nie.”

Me. Adri Kitshoff-Botha, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA, het gesê 80% van die wild in die Noord-Kaap is al uitgewis en as nie gou ingegryp word nie, kan daar so min as 5% oorbly. In die Oos-Kaap het sowat 300 000 stuks wild al gevrek. “Wild wat vrek, vernietig wildboere op dieselfde manier as wat vee wat vrek, veeboere vernietig.”

Sy het gesê die droogte het ook ’n besonder nadelige invloed op die jagbedryf en toerisme gehad.

Rooivleisbedryf

Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, het gesê in die droogtegebiede soos die Noord-Kaap het boere hul veegetalle al tot 30% afgebring. Sowat 80% van die land se grondoppervlak is net geskik vir vee- of wildboerdery en die droogte het ’n groot impak op landelike gebiede.

Hy het gesê rooivleisprodusente se omset is R80 miljard per jaar. “Met slaggetalle wat nou al met 20% afgeneem het, sê dit vir my hierdie bedryf het al R16 miljard vanjaar verloor vergeleke met vorige jare. Veral in die noordelike en westelike dele kan mens praat van ’n ramptoestand.”

Daarby word die skade weens die jongste uitbreking van bek-en-klouseer op ’n verdere R10 miljard geraam omdat die land nou waarskynlik nie binne die volgende twee jaar sy bek-en-klouvrye status sal herwin nie.

Verlore vermoë om te herstel

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, het gesê wat die graanbedryf betref, kan nog nie van ’n nasionale ramptoestand gepraat word nie. As dit egter nie genoeg reën om teen Kersfees voldoende graan in die somereëngebied te kan plant nie, sal dit mieliepryse opjaag van R2 500/t tot R4 500/t en dan kan dit rampspoedig raak.

Hy het gesê in die oostelike somereëngebied is die optimale planttyd byna verby en nog baie min is geplant. In die weste is daar tyd tot Kersfees. “Gelukkig het ons boere die vermoë om baie vinnig te kan plant as die reën net kom. Wat my meer kwel, is die feit dat ons die vermoë om te kan herstel, begin verloor. Met die aantal droë jare wat ons gehad het, gaan dit meer as een of twee goeie seisoene kos om van die geldelike terugslag te herstel. Suid-Afrikaanse boere is op die voorpunt in die wêreld as mens bereken hoeveel kilogram mielies hulle per millimeter reën verbou. Dit is ’n nasionale bate wat ons moet beskerm.”

In die tuinboubedryf in die Wes-Kaap lyk die situasie baie sleg met vrugtebome wat vrek, uitvoermarkte wat verlore gaan, en mense wat hul werk verloor. Mnr. Wiehan Victor, uitvoerende hoof van die Inmaakvrugte-produsentevereniging, het gesê in die Klein-Karoo het sowat 292 ha vrugtebome al gevrek. Daar werk gemiddeld 1,5 heeltydse werkers per hektaar in ’n boord. As 1 000 ha nie bewerk kan word nie, verloor 1 500 mense hul werk.

30 000 werksgeleenthede

Oor werksgeleenthede wat reeds verlore gegaan het, het mnr. Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende hoof van Agri SA, gesê aan die begin van die jaar het studies getoon dat daar al 30 000 werksgeleenthede weens die droogte verlore gegaan het. Hy het ’n versoek tot die publiek en landbou-ondernemings gerig om skenkings aan Agri SA se droogterampfonds te oorweeg.

Hy het gesê Agri SA onderhandel ook met banke, terwyl die name van boere wat geldelik sukkel, aan die banke verskaf is om individueel te kyk hoe hulle gehelp kan word.

Net 60 melkboere in VS

Ook in die melkbedryf lyk die situasie beroerd. Daar is nog net 1 300 kommersiële kuddes en volgens mnr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie, word die kuddes ook verklein. In die Vrystaat waar daar eens 4 500 melkboere was, is nou 60 oor.

Symington het gesê Suid-Afrika het ’n goeie rekord met optrede met ander tipe rampe waaronder mense gebuk gaan, maar daar is ’n gebrek aan vermoë om spesifiek rampe wat deur klimaatsomstandighede in die landbousektor veroorsaak word, te hanteer. “Die verantwoordelikheid lê hoofsaaklik by die department van samewerkende regering wat met ander departemente moet skakel.

“Om ’n ramptoestand in ’n gebied af te kondig, reflekteer nie ongunstig op iemand nie. Dit wys net daar is ’n voorneme om iets omtrent die ramptoestand te doen en die nadelige uitwerking daarvan teen te werk.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.64
-0.1%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.02
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,792.38
+0.2%
Silwer
20.66
-0.1%
Palladium
2,199.00
-2.0%
Platinum
942.00
-0.3%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons leer mekaar ken.......dan besluit ons
Rustige, ge-balanseerde, snaakse, betroubare, sagte, familie mens. Mal oor die buitelewe, foto's neem, 4x4 avonture, met my Land Cruiser Afrika tem, plaas seun, avontuur,...
Artist looking for inspiration
Persoonlikheid gewys is ek maar n plat op die aande vrou. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot