AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

RCL Foods se inkomste hoër danksy suiker, bakkerye

akkreditasie
RCL se kruideniersware-afdeling, met handelsname soos Yum Yum-grondboonbotter, het ’n goeie prestasie gelewer. Foto: Verskaf
RCL se kruideniersware-afdeling, met handelsname soos Yum Yum-grondboonbotter, het ’n goeie prestasie gelewer. Foto: Verskaf
In ’n jaar waar verbruikers minder kon uiteet en hulself meer bederf het met lekkernye by die huis, het die gediversifiseerde voedselmaatskappy RCL Foods se produkte die kol getref.

Die groep, wat onder meer nageregte en fyngebak vir Woolworths verskaf, moes uithaal om in die vraag vir dié soort bederfprodukte te voorsien, sê mnr. Rob Field, finansiële hoof van RCL Foods.

Terselfdertyd het die maatskappy ’n oplewing in die aankope van goedkoper, maar noodsaaklike produkte gesien. “Ons aanbieding sluit heelwat voorbereide voedselprodukte in wat tuis verbruik word en verlede jaar baie gewild was. Maar verbruikers was en is steeds onder groot druk, wat ons waardeprodukte en stapelvoedsels se verkope laat styg het.”

Danksy ’n verbetering in die prestasie van sy suiker- en bakkery-afdeling het RCL Foods se algehele inkomste in die ses maande tot einde Desember 2020 met 10,5% tot R15,7 miljard gestyg. Sy wesensverdienste het met 14,3% tot R529,9 miljoen gestyg en ’n tussentydse dividend van 15c per aandeel is verklaar.

Die herstel van sy suikerafdeling volg nadat plaaslike produsente erg geknou is in die jare dat ingevoerde suiker teen onder internasionale markpryse plaaslik verkoop is. Volgens Field het die regering se invoerheffings gehelp om ’n gesonder balans tussen vraag en aanbod te skep. Die suikermeesterplan waarop die regering en die bedryf einde 2020 ooreengekom het, sal in die komende jare help om die verbruik van suiker wat plaaslik geproduseer is, te stimuleer.

Die suikerafdeling, wat die suiker onder die Selati-handelsmerk verskaf, se onderliggende verdienste voor rente, belasting, waardeverminderings en afskrywing (ebitda) het in die oorsigtydperk met 50,8% tot R462,3 miljoen gestyg. “Die vraag na suiker is beslis aangehelp deur ’n oplewing in tuisbakkery tydens die inperking, asook deur mense en organisasies wat pakkies suiker as deel van voedselhulpprogramme versprei het,” sê Field.

Die groep se algehele prestasie is ietwat gedemp deur die probleme van sy hoenderafdeling. Dié afdeling, wat amper die helfte van RCL Foods se inkomste lewer, se ebitda het in die oorsigtydperk met 61,1% tot R85 miljoen gedaal. Die groep, wat Rainbow Chicken besit en hoendervleis aan kitskosrestaurante lewer, se inkomste is in die oorsigtydperk deur drie ongunstige faktore getref.

  • Die inperking het verkope by restaurante en kitskos-eetplekke feitlik laat opdroog en volgens Field het dit lank geduur om te herstel.
  • Die groep het probleme ondervind met sy ingevoerde teelmateriaal wat hom miljoene uit die sak gejaag het.
  • ’n Styging in voerpryse het winsgewendheid in die wiele gery.

Dié sukkelende afdeling gaan voortaan as ’n afsonderlike eenheid onder die regstreekse beheer van die uitvoerende hoof funksioneer. RCL Foods het einde verlede jaar aangekondig dat hy mnr. Marthinus Stander, ervare uitvoerende hoof van Country Bird, as besturende direkteur van sy hoenderafdeling aangestel het. Saam met Stander het twee senior bestuurslui van Country Bird hulle by RCL Foods aangesluit.

Die groep het vroeër vanjaar by die regering aansoek gedoen dat die invoerheffing op grondboontjiebotter van die huidige 3,5% tot 25% verhoog word, maar Field sê hy het nog nie terugvoer van die regering gehad nie. “Dis net ’n totaal onreëlmatige situasie waar die land nie naastenby genoeg grondbone produseer om in die behoefte van plaaslike vervaardigers van grondboonbotter te voorsien nie.

“Nou betaal ons ’n tarief op die invoer van rou grondbone vir ons eie gebruik, maar die verwerkte produk – grondboonbotter – kom die land feitlik tariefvry binne en dus kan verskaffers van byvoorbeeld Indië grondboonbotter goedkoper aan die plaaslike kleinhandel verskaf as waarvoor ons grondbone kan invoer. Ons vra net vir konsekwentheid.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
+1.2%
Rand - Pond
20.93
+0.5%
Rand - Euro
18.02
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.39
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,858.00
+0.4%
Platinum
1,009.50
+1.9%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Avontuurlustig ⛄️🚣🏼‍♀️🚴🏍🛶⛱🎢🏖⛺️
Ek glo daarin om te lewe, nie net te bestaan nie! Die buitelug en avonture maak my opgewonde, asook die vermoë om die "klein dingetjies" raak te sien en te waardeer....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot