AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

RCL Foods: Verbruikers nie ‘verward’ oor produkte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
RCL Foods het ’n belang van 49% in LiveKindly Africa wat Fry’s, die grootste plantgebaseerde voedselhandelsmerk in Suid-Afrika, versprei en bemark. Foto: Verskaf
RCL Foods het ’n belang van 49% in LiveKindly Africa wat Fry’s, die grootste plantgebaseerde voedselhandelsmerk in Suid-Afrika, versprei en bemark. Foto: Verskaf
Dit is kommerwekkend dat ’n kosproduk wat reeds 30 jaar lank bestaan, nou skielik teenkanting kry. Só sê mnr. Rob Field, finansiële hoof van RCL Foods, oor die herrie wat uitgebreek het oor die benaming van plantgebaseerde kos.

RCL Foods het ’n belang van 49% in LiveKindly Africa wat Fry’s – die grootste plantgebaseerde voedselhandelsmerk in Suid-Afrika – versprei en bemark.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling wil hê veganistiese produkte met name wat gewoonlik met vleis vereenselwig word, soos “vegetariese wors” of “plantgebaseerde burgers” moet van die winkelrakke verwyder word. Die Verbruikersraad van Suid-Afrika het egter ’n hofinterdik daarteen bekom.

Field sê daar is geen bewyse dat die benamings van die plantgebaseerde produkte verbruikers verwar nie en die regering het geen grondslag om bloot die produkte te verwyder nie.

Hy het tydens ’n onderhoud met Landbou.com oor RCL Foods se jongste jaarresultate gesê die plantgebaseerde produkte vorm ’n baie klein deel van die groep se sake en hy sien nie enige noemenswaardige risiko vir die maatskappy weens die huidige herrie nie. “Natuurlik is dit kommerwekkend dat iets wat reeds 30 jaar bestaan het nou skielik begin teenkanting kry. Dit (die voorgenome verwydering van die produkte) wek agterdog oor waar dié aksie nou skielike vandaan kom en dit toon hoe pateties kwessies in hierdie land geopper word.”

Hy sê pleks daarvan om summier die produkte te verwyder, moet die regering gehoor gee aan die versoek van die plantgebaseerde bedryf wat die regering al geruime tyd vra vir ’n stel regulasies wat gevolg kan word oor die benaming van die produkte. “Dit moet ’n proses van konsultasie wees om te verseker dat behoorlike regulasies, soortgelyk aan dié wat die vleisbedryf reguleer, ingestel word.”

Groeimomentum word behou

Veerkragtigheid en ’n slim sakestrategie het RCL Foods gehelp om in die boekjaar tot einde Junie 2022 sy groeimomentum te behou. Die maatskappy doen sake in die kruideniersware-, suiker-, hoender- en logistieke bedryf.

Die groep se inkomste het met 10,2% tot R34,9 miljard verstewig, terwyl ebitda (verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywing) met 7,7% tot R2,59 miljard gegroei het.

Hy het die omdraaistrategie in die groep se hoenderbedrywighede uitgesonder as een van die faktore wat tot die bedryfswins van R89 miljoen vir dié afdeling bygedra het, teenoor die verlies van R209 miljoen ’n jaar gelede.

Field waarsku egter dat die regering se besluit om invoertariewe op gestorte hoendervleis met ’n jaar uit te stel, groot onsekerheid in die bedryf skep. “Dit druis heeltemal in teen alles wat onderhandel is. Hoewel dit gedoen is om sukkelende verbruikers van goedkoop hoendervleis te voorsien, is daar geen bewyse dat die verbruiker goedkoper vir hoendervleis sal betaal danksy hierdie stap nie.”

Sedert November 2020 het die groep sy strategie verander om meer op sy waardetoegevoegde produkte te konsentreer en van sy bedrywighede te desentraliseer om koste te besnoei. Daar is besluit om drie van sy afdelings, Vector Logistics, Rainbow Chicken (wat intussen net as “Rainbow” herbenoem is) en sy suikerbedrywighede te ontwikkel tot entiteite wat op hul eie bene kan staan.

Intussen is besluit dat die suiker-afdeling vir eers deel van die groep gaan bly nadat hy sy tweede hoogste wins nog behaal het. Field sê die afgelope jaar het die somerreën baie laat gekom en daarom was die toestande nie perfek nie. “Maar ons damme is vol en die gehalte van die suikerriet is baie beter as in die vorige boekjaar. Ons is optimisties oor die vooruitsigte.”

RCL Foods, wat handelsname sooos Nola-mayonnaise, Ouma-beskuit, Selati, Simply Chicken en Yum-Yum-grondboonbotter besit, het probeer om die prysverhogings te beperk om die vuisvoos verbruiker te beskerm, sê Field.

Onderliggende margedruk weens die hoë pryse van grane, veral koring, was gedurende die afgelope boekjaar ’n probleem en dit gaan vorentoe steeds RCL se wins onder druk plaas, sê Field. “Insetkoste is die grootste risiko wat ons in die gesig staar en ons probeer so ver as moontlik voedselinflasie beheer. Die enigste ding wat ons kan doen, is om te innoveer met ons aanbiedings sodat verbruikers steeds hul gunstelinghandelsname kan bekostig.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot