Só meen mnr. Jaco Oosthuizen, hoofbestuurder van die RSA Groep, oor dié markte wat ten spyte van reuseterugslae die afgelope jaar steeds bly groei.
“Daar was groei in volumes produkte wat verhandel het én in pryse. Só het die Johannesburgse varsproduktemark se omset op ’n jaargrondslag met 26% gegroei, wat ’n bewys is dat die volumes daar is. Dit ten spyte van probleme met infrastruktuur en elektrisiteit- en watervoorsiening.”
Oosthuizen sê dat die huidige situasie rakende varsproduktemarkte nie in isolasie gesien moet word nie.