
Milde re?n het ‘n sopnat 2011 vir die grootste deel van Suid-Afrika ingelui en in dele van die land het dit reeds ernstige skade tot gevolg gehad. Die nat weer is ook nog nie op ‘n einde nie, luidens die Suid-Afrikaanse Weerdiens.
Die watervlakke van die vier grootste damme in die Oranjerivier-opvanggebied is steeds aan die styg en die Vaal-, Bloemhof-, Gariep, en Vanderkloof-damme was gister (5 Januarie) meer as 100% vol.
Die Departement van Waterwese het inwoners van die gebiede om dié damme gewaarsku om uiters versigtig te wees.
Sowat 600 mense is reeds in Orkney in Noordwes uit hul huise ontruim omdat die Vaaldam oorloop. Dié was gister (5 Januarie) reeds 105% vol en 13 sluise is oopgemaak. “Sommige van die ontruimde mense sal by familie en vriende gaan bly, maar in terme van ekstra maatreëls het ons plekke soos die gemeenskapshospitaal ook oopgemaak,” sê mnr. Andrew Sothoane van Rampbestuur.
In KwaZulu-Natal het vyf mense reeds in oorstromings omgekom en me. Nomusa Dube, die plaaslike regering se LUR, sê minstens 829 huishoudings is in die afgelope paar dae ontruim. In Mpumalanga, waar die kanse vir reën vandag 80% is, het die plaaslike regering gewaarsku dat selfs klein stroompies ‘n gevaar kan wees en dat windstorms en vallende rotse omstandighede oor die volgende paar dae gaan vererger.
Johannesburg en Tshwane is ook swaar getref deur die reën en neerslae sal na verwagting tot Sondag duur.
Ook dele van die baie droë Karoo en Kalahari, asook die droë Oos-Kaap, Tuinroete, dele van die Wes-Kaap en groot dele van die Noord-Kaap het in die week tussen Kersfees en Nuwejaar en in die eerste week van Januarie goeie neerslae ontvang, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou.
Opvolgreën word vanaf middel vandeesweek (12 Jan) in die somerre?nvalgebied en tot so ver as die gebied wes van Upington en selfs ver wes van Springbok verwag, sê Van den Berg. Lees Van den Berg se hele weerberig vir die tydperk tot 17 Januarie.
Weer regoor die wêreld
Die uitwerking van die sterk La Niña is nie net in Suid-Afrika gevoel nie. Queensland in die ooste van Australië is deur vloede en oorstromings getref, wat tipies van ‘n sterk La Niña-jaar is, en Argentinië gaan onder droogte gebuk, wat kommer oor veral die soja- en mielie-oeste daar laat ontstaan het.
Van den Berg waarsku dat nog heelwat swaar re?n in die volgende paar maande plaaslik kan voorkom – veral oor die sentrale en westelike dele van die land - omdat daar ‘n sterk korrelasie tussen die reënval in Australië en Suid-Afrika is. Die tydsverskil is gewoonlik een tot drie maande.
Die somerreënvalstreek behoort vir die res van die seisoen goeie re?n te kry, en kanse is veral baie goed vir gemiddelde tot bogemiddelde neerslae in die midsomer. Rondom Februarie behoort re?n ook redelik ver wes, dalk tot so ver as die gebied wes van Upington, voor te kom. Vanaf
Februarie kan droër toestande oor die noordoostelike dele begin voorkom, sê Van den Berg.
Vir die winterreënvalstreek verhoog die sterk La Niña kanse vir re?n uit somerstelsels oor die suidwes- en veral die Suid-Kaap. Oor die langer termyn kan dit egter kanse op neerslae in die komende koringseisoen verswak.
Dit lyk wel of La Niña sy piek bereik het en nou effens sywaarts begin beweeg.
Slenkdalkoors “onafwendbaar”
Intussen het die swaar re?n heelwat saaiboere in die somerreënvalstreek met die hande in die hare. Jong mielies begin vergeel, en hulle kan nie in die lande kom om mielie- en veral sonneblom-aanplantings te voltooi of om koring te stroop nie.
Mnr. Pietman Botha, senior landboukundige van Graan SA, sê heelwat mielies het al vergeel. Heelwat sonneblom-hektare moet nog in die westelike produksiegebiede beplant word. Sommige boere moes weens verspoeling al tot ‘n vierde keer oor plant, sê Botha.
In die Oos-Vrystaat daal koring op lande se gehalte by die dag weens voortdurende re?n en bewolkte toestande. Boere kan nie in die nat lande kom om te stroop nie.
Die deurdrenkte toestande en vol damme, panne en vleilande het ook die gevaarligte laat flikker dat veeboere in die volgende maande opnuut ‘n Slenkdalkoors-uitbreking te wagte kan wees.
Die Vrystaatse departement van landbou het in ‘n verklaring gewaarsku dat só ‘n uitbreking onafwendbaar is.
Mense word gewaarsku om nie die liggaamsweefsel of organe van aangetaste diere te hanteer nie, en besmetting in hul kuddes dadelik by die naaste staatsveearts aan te meld. Van die 232 mense wat verlede jaar deur Slenkdalkoors aangetas is, is 26 oorlede, lui die verklaring.
6 Januarie 2011