AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Reënval, pryse lig boere se gemoedere

'n Nuwe indeks wat boere se tevredenheidsvlakke meet, toon dat meeste boere heelwat meer optimisties oor hul boerderybedrywighede is.

Buiten vir wintergraanboere is boere oor die algemeen baie meer optimisties dat die huidige seisoen beter as die vorige een gaan wees.

Op 'n nuwe indeks wat boere se tevredenheidsvlakke oor hul hoofboerderybedrywighede meet, het die gemiddelde vlak van 45% tot byna 65% gestyg.

Die onderneming Marketing Surveys and Statistical Analysis (MSSA), wat bykans 20 jaar 'n jaarlikse landboustudie doen, het van Desember verlede jaar tot Februarie vanjaar sowat 500 boere se menings vir die tevredenheidsindeks getoets.

Boere is gevra hoe tevrede hulle met die 2015-16-seisoen was, en wat hulle vir die 2016-17-seisoen verwag.

Veral suiker-, druiwe-, bees-, wintergraan-, suiwel- en pluimveeboere was meestal ontevrede met hul sake in die vorige seisoen.

Bosbou-, groente- en vrugte-, en wol- en sybokboere was die drie groepe wat die hoogste tevredenheidsvlakke gehad het.

Mnr. Schalk van Vuuren, navorsingsdirekteur van MSSA, sê dit is interessant dat somergraanboere se tevredenheidsvlak, ondanks die droogte, byna 50% en dus bo die gemiddeld was.

Boere word in die opname oor spesifieke faktore ondervra en somergraanboere het aangedui die faktore wat tot hul tevredenheid bygedra het, was redelike markpryse, winsgewende boerdery/beter produksie/beter winste, en goeie bestuur.

Reën bring hoop

In die opname oor verwagtinge vir die huidige seisoen is die invloed van die droogte in die wintergraangebiede duidelik te sien – wintergraanboere se tevredenheid lê by 46,2% op die indeks, baie laer as die gemiddeld.

Ook pluimveeboere is onder die gemiddeld, hoewel die indekspunt van 58,1% vir die huidige seisoen baie hoër is as die 32,2% van die vorige seisoen.

Van Vuuren sê pluimveeboere het aangedui redelike markpryse, hoë vraag in die mark, en goeie, gemiddelde reënval het hul verwagtinge verbeter. Melkboere se gemiddelde verwagtinge is op 64,4% ook baie beter as die 31,7% van die vorige seisoen.

Ook hulle het goeie, gemiddelde reënval en redelike markpryse as belangrik uitgewys, asook dat hulle beter produksie verwag en dat hulle identifiseer met die beskrywing “optimisties/hoopvol/geniet die boerdery/verwag toekomstige groei”.

Wild- en toerismeboere is ook uiters optimisties en het gesê die goeie reënval beteken daar is genoeg weiding en hulle het voldoende of genoeg grond.

Die mees optimistiese groep, naamlik “ander”, behels volgens Van Vuuren enkele respondente in die blomme-, vark- en tabakbedrywe.

Rig navrae aan mnr. Schalk van Vuuren by tel. 012 346 0718 of e-pos mssa2@mssa-research.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot