AFGRI
BEAN
01 Jun
-
8572
126,00
CORN
01 Jun
-
4110
61,00
SOYA
01 Jun
-
7890
140,00
SUNS
01 Jun
-
8255,2
79,20
WEAT
01 Jun
-
6565
27,00
WMAZ
01 Jun
-
3702,8
20,80
YMAZ
01 Jun
-
3846,8
29,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Regering koop 30 ton slangbos-gif

Die Regering het as deel van sy program vir die bestryding van indringerplante 30 ton slangbosgif gekoop.

Slangbosgif sal aan Vrystaatse boere uitgedeel word op plekke waar dit die grootste slag teen dié indringer kan slaan. Slangbos het die afgelope dekade meer as die helfte van Suid- Afrika se grasveld-bioom ingedring.

Dit word as een van die ernstigste bedreigings vir die volhoubare reproduksie op veld beskou, en is vinnig aan die versprei. Talle maatreëls is al in die stryd teen slangbos ingespan, maar die enigste werklik suksesvolle beheermiddel tot dusver is onkruiddoders.

Me. Debbie Sharp, adjunk-direkteur van natuurlike hulp bronprogramme by die Departement van Omgewingsake, sê haar departement het ingevolge ’n ooreenkoms met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye 30 ton van die gif gekoop. Dit sal eweredig oor vyf Vrystaatse distrikte versprei word.

Nasionale program
Dit is deel van ’n nasionale program wat omgewingsake begin het om grondeienaars in sekere gebiede van onkruiddoder te voorsien as hulle bereid is om die arbeidkoste van die skoonmaakwerk te betaal.

Die slangbos-projek word saam met die provinsiale streekkantoor bedryf om seker te maak dat die nodige vereistes nagekom word en dat die grondeienaars wat die onkruiddoder ontvang, die voorgeskrewe proses volg.

Grondeienaars moet daarom aansoek doen en landbou-amptenare sal in Augustus besluit aan wie die gif toegeken word. Dit sal betyds versprei word om teen einde vanjaar, in die groeityd, toegedien te word. Die grondeienaars sal self vir die toediening verantwoordelik wees en moet hul werkers of werkers uit die plaaslike gemeenskap gebruik.

Aansoekvorms kan van Landbou se streekkantoor in die Omni-gebou in Aliwalstraat, Bloemfontein, bekom word. Die kantoor kan gebel word by tel. 051 401 2601, of ’n grondeienaar kan by sy plaaslike voorligter navraag doen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.77
-0.3%
Rand - Pond
24.67
-0.5%
Rand - Euro
21.18
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
1,006.11
+0.3%
Palladium
1,381.20
+0.3%
Goud
1,966.74
+0.2%
Silwer
23.49
-0.1%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
70,430
+0.6%
Alle aandele
75,492
+0.6%
Hulpbronne 10
67,647
+0.2%
Industriële 25
103,625
+0.8%
Finansiële 15
14,499
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Doen alles met liefde
Liefde is vir baie belangrik. Opregte liefde. Ek is n baie saggeaarde omgee persoon wat dit geniet om tyd by die huis te spandeer. Bietjie van n introvert. Wanneer die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot