AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Regering se skuld dat land nou brand, meen TLU SA

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
TLU SA sê daar is verskeie redes hoekom hy bekommerd bly oor misdaad in Suid-Afrika.

Twee van die vernaamste redes is die groot verskil tussen sy statistieke oor plaasaanvalle en die amptelike statistieke van die SA Polisiediens saam met mnr. Bheki Cele, minister van polisie, se erkenning in Augustus dat die polisie in die afgelope ses boekjare meer as 4 357 vuurwapens en 9,5 miljoen patrone verloor het.

Mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van TLU SA en voorsitter van dié organisasie se veiligheidskomitee, sê daar is verskille tussen die jongste jaarlikse misdaadstatistieke, wat op Donderdag 12 September amptelik in die parlement aangekondig is, en TLU SA se register van voorvalle, wat sedert 1990 bygehou word.

Volgens Cele is 47 plaasmoorde in 41 voorvalle tydens die afgelope boekjaar aangemeld. TLU SA se register toon egter dat 48 moorde in 357 voorvalle plaasgevind het. “Ons moordsyfer stem min of meer ooreen met die polisie se statistieke, maar ons aanvalsyfers verskil aansienlik. Dit is vir ons ook kommerwekkend dat die plaasmoordsyfer vir vanjaar teen einde Augustus reeds op 40 gestaan het.”

Die plaasmoordsyfer wat van 62 in die 2017-’18-boekjaar afgeneem het, kan volgens Geldenhuys toegeskryf word aan die hoogs suksesvolle veiligheidstrukture wat TLU SA en ander organisasies op die been gebring en uitgebrei het. “Hierdie strukture dra ook daartoe by dat meer plaasaanvalle gefnuik word omdat die netwerk so paraat is en vinnig optree.”

Veediefstal

Geldenhuys sê veediefstal neem die afgelope drie jaar jaarliks toe, met die nuutste toename wat 2,9% is. “Dit is kommerwekkend dat daar ten spyte van die styging ook ’n onderaanmelding van veediefstal is, soos bevind deur mnr. Willie Clack van Unisa en berig deur die nasionale veediefstalvoorkomingsforum. Ons sal Cele herinner aan sy voorneme om veediefstalle ernstig op te neem.”

Geweldsmisdade het ook die afgelope boekjaar gestyg. Kontakmisdade het met 2,6% toegeneem. Dit sluit seksuele aanranding, moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, gewone aanranding, roof en roof met verswarende omstandighede in. Moord het met 3,4% toegeneem tot 21 022 voorvalle, die sewende agtereenvolgende toename, terwyl poging tot moord met 4,1% tot 18 980 voorvalle gestyg het. Bykans 58 mense word per dag in Suid-Afrika vermoor.

“Hoewel misdaad op plase afneem, is ons bekommerd oor die toename van veral ernstige en geweldsmisdade,” sê Geldenhuys. “Dit is die regering se grondwetlike verantwoordelikheid om na die veiligheid van die landsburgers om te sien, maar as gevolg van swak regeringsbeleid en ’n blote onvermoë om hierdie plig na te kom, brand Suid-Afrika nou. Dit is dalk tyd dat die res van die land ook begin om self planne te beraam om misdaad te bekamp soos wat die landbougemeenskap gemaak het.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+0.0%
Rand - Pond
20.05
+0.1%
Rand - Euro
16.96
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,794.40
+0.3%
Silwer
20.50
-0.9%
Palladium
2,225.50
-0.8%
Platinum
935.00
-1.1%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek my beste pel om nuwe hoofstuk in my lewe te skryf.
Ek is n eerlike man wat nog baie jonk van gees is en sal iemand verkies wat daarvan hou om roadtrips te doen en dan kamp ook.
Melanie
In kort. Plain Jane. Niks fieterjasies. Is oo 'n stadium in my lewe wat ek wil fun he, plekke sien en dinge doen. Love kosmaak en glo daaraan om almal met repsek tw hanteer...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot