Met dié soort misdaad kan ’n bedrieër e-posse onderskep en e-posadresse namaak (spoof), asook bankbesonderhede met sy of haar eie in aangehegte dokumente vervang.
Regter T.P. Mudau het in die handelshof in Johannesburg bevind die regsfirma was bewus van dié welbekende kubermisdaad veral onder aktebesorgers, en voorsorgmaatreëls moes gereed gewees het. Dit is ’n gesofistikeerde en tegniese kubermisdaad waarop die gewone mens nie noodwendig bedag is nie.
Dié tipe misdaad het ook al by landboubesighede kop uitgesteek, en kenners waarsku dat enige e-posse wat betalingsbesonderhede bevat, deeglik nagegaan moet word. Besonderhede, soos bankrekeningnommers, moet telefonies geverifieer word met die ontvanger voordat geld oorgeplaas word.