
Altesaam 3 024 kalwers is aangebied en teen gemiddeld R36,48 per kilogram verkoop. Die grootste koper was mnr. Kobus Brecher van Pongola wat 1 905 kalwers teen die hoogste omset van R21 234 117 gekoop het. Mnr. Lourens de Jager van Schweizer-Reneke het die meeste diere verkoop en hy het ook die hoogste prys per kilogram (R40,10) behaal. Van links is mnre. PD Swart, afslaer, Brecher en Pieta Fourie, 'n koper.
Die volgende voerkrale en individue het tot die sukses van die veiling bygedra: Brecher, Emile Bothma van Koodoolake Voerkrale, Cobus Smit, Simon Niemand van SH Niemand & Seun Boerdery, Joffré Joubert van Doornhoek Voerkrale, Bobby Procopius van C&P Livestock, René Marillier van Sparta Baby Beef en Tri Star Custom Feeders.
Karoo-Ochse Vryburg het die veiling oudergewoonte aangebied.