‘n Herefordbul van mnr. Phillip de Waal van Moorreesburg is vir ‘n rekordprys van R360 000 verkoop.
‘n Herefordbul, Locheim 0688 Markwart, van mnr. Phillip de Waal van die Locheim Herefordstoet, Moorreesburg, is vir ‘n rekordprys van R360 000 verkoop. Die transaksie is op die Swartlandveeboere se produksieveiling te Mooreesburg beklink.
Die kopers was mnre P.J. Budler en Louis van der Watt van Bonhaven Beef Cattle, Tarkastad, Oos-Kaap. Die veiling is aangebied deur BKB.
19 Oktober 2009