Resessietoestande kan dalk nog tot in 2015 of 2016 voortduur, sê mnr. Mike Schüssler, bekende ekonoom en ekonomiese konsultant vir T-sec.
Suid-Afrikaanse en ander verbruikers gaan heelwat meer prysbewus word, terwyl die rentekoers laag sal bly om die ekonomie aan die gang te hou.
Schüssler het op ’n bemarkingsimposium by Witrivier gesê die Chinese is steeds armer as Suid-Afrikaners, maar oor twee jaar behoort die bordjies verhang te word.
Die groeikoers in China is tans 5%. ’n Koers van 7,6% word volgende jaar verwag. Schüssler verwag ’n groeikoers van 2,3% tot 3% in Suid-Afrika oor die volgende twee tot drie jaar.
In Ghana is die groeikoers 13% en die Wêreldbank voorsien dat dit volgende jaar tot ’n allemintige 17% kan styg.
2 November 2011