Ondanks die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se onderneming dat omsigtig met eise vir nog grond omgegaan sal word totdat geld beskikbaar is om dit te koop, is nóg agt restitusie-eise by Hoedspruit op die dag voor Kersfees bekend gemaak.
Dit sluit wildreservate, safari-ondernemings en die Universiteit van die Witwatersrand se opleidingsentrum buite die Nasionale Kruger-wildtuin se Orpen-hek in.
Dit kom twaalf jaar ná die sperdatum vir restitusie-eise en nadat dié plase deur ander gemeenskappe geëis en sommige reeds gekoop en oorhandig is, wat uitsprake versterk dat sowat 90% van grondeise ongeldig is.
Tot vier verskillende stamme eis in sommige gevalle dieselfde plaas.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 14 Januarie 2011.
10 Januarie 2011