AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

KYK: Reuse-skade by melkverwerkingsfabriek in brand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die melkverwerkingsfabriek in KwaZulu-Natal wat aan Far End Dairy behoort, is verwoes in 'n brand wat Sondagaand 8 Januarie daar ontstaan het. Foto: Verskaf
Die melkverwerkingsfabriek in KwaZulu-Natal wat aan Far End Dairy behoort, is verwoes in 'n brand wat Sondagaand 8 Januarie daar ontstaan het. Foto: Verskaf
Melkboere wat onverwerkte melk aan die Far End Dairy-melkverwerkingsfabriek in KwaZulu-Natal lewer, word nie geraak deur die brand wat dié onderneming onlangs verwoes het nie.

’n Onafhanklike forensiese spesialis is deur die eienaars van die Far End Dairy-melkverwerkingsonderneming in die KwaZulu-Natalse Middelland aangestel om die oorsaak van ’n brand by die fabriek vas te stel.

Far End Dairy, wat deur die Jasat-familie besit en bedryf word, het voorraad, verpakkingsmateriaal en -toerusting, bou-infrastruktuur en ander bates van miljoene rande in die brand verloor.

Mnr. Brian Zuma, woordvoerder van die distriksmunisipaliteit Umgungundlovu, sê owerhede het op Sondag 8 Januarie om 22:50 ’n oproep om hulp ontvang. Brandbestryders van vier brandweerstasies is onmiddellik na die Far End Dairy-perseel op Merrivale gestuur.

“Die fabriek se deure was almal gesluit en brandbestryders moes deure breek om toegang te verkry om die brand te begin bestry. Die brand was die volgende oggend teen 05:30 onder beheer.”

Volgens mnr. Nadeem Jasat, hoofbestuurder van Far End Dairy, is hy en sy gesin geskok oor die verliese en skade wat deur die brand aangerig is.

Hy sê ’n personeellid wat by die fabriek aangekom het om aflewerings vir die volgende dag voor te berei, het op die brand afgekom en die noodoproep gemaak. Dié personeellid het die teenwoordigheid van gees gehad om al Far End Dairy se vragmotors onmiddellik na ’n veilige afstand van die brandende fabriek weg te skuif.

“Al ons voorraad is deur die brand vernietig en sowat 80% van die gebou is beskadig. Brandbestryders vermoed ’n elektriese kragstuwing was die oorsaak van die brand, maar ons het ’n spesialis aangestel om ’n deeglike forensiese ondersoek te doen.”

Far End Dairy
Die Far End Dairy-melkverwerkingsfabriek ná die brand. Foto: Verskaf
Far End Dairy
Al die voorraad in die fabriek is verwoes. Foto: Verskaf
Far End Dairy
Skade aan die binnekant van die fabriek. Foto: Verskaf

Hy voeg by dat hy en sy gesin vasbeslote is om Far End Dairy se bedrywighede so gou moontlik op dieselfde perseel te herbou. Ná verwagting sal volledige herstelwerk tot 12 maande duur. “Ons moet. Ons moet weer op ons voete kom.”

Far End Dairy, wat in 1999 gestig is, verwerk daagliks 20 000 liter tot 30 000 liter en verpak gegeurde en gewone langlewe-melkprodukte, asok maas en vars melkprodukte onder Far End Dairy se Mad Max- en Fair Value Dairy-handelsmerke.

Mnr. Flip Jacobs van Desmanda Milk, wat melk aan Far End Dairy lewer, sê melkboere wat onverwerkte melk aan die fabriek lewer, word nie geraak deur die feit dat die fabriek sy bedrywighede weens die brand moet opskort nie. Dié melk word onmiddellik na ander melkverwerkingsondernemings herlei. Van dié ondernemings het aangebied om melk namens Far End Dairy te verwerk totdat die Jasat-familie hul fabriek weer aan die gang kry.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot