AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Rommel, maar beleggings vloei SA binne!

Buitelanders het in die twee weke tot 7 April méér geld in Suid-Afrika belê as ooit tevore, maar pres. Jacob Zuma se prestasie as staatshoof het geduik.

Die onderstaande navorsing dui daarop dat buitelandse beleggers in die twee weke tot 7 April 2017 sowat R 22,2 miljard in Suid-Afrikaanse staatseffekte belê het. Dit is die grootste bedrag oor ‘n twee weke-tydperk wat nóg aangeteken is. Dit is in skrille teenstelling met die algemene verwagting na aanleiding van die onlangse afgradering na sogenaamde rommelstatus van Suid-Afrika se staatskuld.

Tabel 1:

As gekyk word na die invloei van fondse vanaf die begin van 2017 tot en met 7 April 2017 was die totaal wat in staatseffekte belê was, altesaam R 35,658 miljard. In die geval van aandele is die bedrag ‘n uitvloei van R 21,736 miljard.

Grafiek 2:

Uit die bostaande kan afgelei word dat buitelanders op soek is na opbrengs, of “yield” in Engels. Met ander woorde, ten spyte van Suid Afrika se rommelstatus is buitelanders steeds bereid om ‘n kans te waag om hoër rentekoerse te verdien.

Tot voor die afdanking van mnr. Pravin Gordhan as Minister van Finansies was die gevoel in die mark dat ‘n rentekoersverlaging van 0,25% te wagte is in die oorblywende deel van 2017. Dit wil ook lyk asof die trajek van rentekoersverhogings in Amerika nie so steil gaan wees in 2017 as wat voorheen verwag is nie. Die gevolg is dat die rentekoersdifferensiaal tussen Suid Afrika en die VSA steeds relatief groot gaan bly. Dit is in 'n vorige artikel uitgewys.

Bostaande, en die plaaslike opposisiepartye wat teen pres. Jacob Zuma optogte hou, mag deels verklaar waarom die rand onlangs begin versterk het teenoor die dollar.

Grafiek 3:

‘n Laaste interessante punt is die onderstaande grafiek. Dit dui aan wat die vlak van Suid-Afrika se kredietgradering was sedert 1994. Oud-presidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki het hulself goed van hulle take gekwyt. Lesers kan hulle eie afleiding maak oor die laaste paar jaar se prestasie.

Grafiek 4:

Om objektief te wees moet in gedagte gehou word dat die hulpbron-groeifase van die vorige dekade sedert die “credit crunch” baie afgeplat het, en meeste lande wat hulpbron-gebaseerde ekonomieë het, begin sukkel het, selfs Australië.

* Edwin Smit is ‘n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ‘n Gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en ook ‘n geregistreerde JSE handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Hy is ‘n gereelde spreker op RSG. Sy kontakbesonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net. Die volgende dienste word gebied:

Wisselkoers verskansing op BVG se Yield-X (JSE) lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valuta verslag.

Die ruil van fisiese kontant in assosiasie met Investec: Omskakeling van rande na dollars, euros en ponde, en vice versa.

Aandele protefeulje bestuur in assosiasie met Momentum SP Reid. Lesers kan inteken op die daaglikse aandele verslae.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot