AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Roundup: Dít is Bayer se plan vir toekomstige regsaksie

akkreditasie
Twee boere van Mpumalanga se appèl teen 'n Grondeisehof-beslissing wat vergoeding teen minder as die ooreengekome landbouwaarde van hul plaas toegeken het, het gedeeltelik geslaag.
Twee boere van Mpumalanga se appèl teen 'n Grondeisehof-beslissing wat vergoeding teen minder as die ooreengekome landbouwaarde van hul plaas toegeken het, het gedeeltelik geslaag.
ccPixs.com
Die landboutegnologiemaatskappy Bayer het vandag meer besonderhede bekend gemaak oor sy plan wat betref die risiko van toekomstige regsaksie teen die onkruiddoder Roundup.

Bayer het bekend gemaak dat hy ’n reeks skikkingsooreenkomste aangegaan het in die meeste regsake wat in Amerika teen Monsanto, die vervaardiger van Roundup, aanhangig gemaak is.

Luidens ’n verklaring is die maatskappy nou meer in beheer van belangrike aspekte van die proses om die risiko te verklein deur twee basiese scenario’s te skets. Dit sal as riglyn dien vir die afhandeling van toekomstige regsaksie.

Die eerste scenario is gegrond op die verkryging van ’n gunstige besluit in die Amerikaanse hooggeregshof oor ’n kwessie soos federale vrystelling, wat vir alle doeleindes en grootliks die Amerikaanse regaksie teen Roundup tot ’n einde sal bring.

Die tweede scenario maak die aanname dat die hooggeregshof besluit het om nie die saak van mnr. Edwin Hardeman, wat aanvoer die gebruik van Roundup het daartoe bygedra dat hy kanker gekry het, aan te hoor nie, of dat daar in die klaer se guns bevind word. In só ’n geval sal die maatskappy sy eie program vir die eis van administrasie in werking stel.

Bayer voorbereid op beide scenario's

Luidens die verklaring voorsien Bayer daar is ’n goeie kans dat hy suksesvol met die  eerste scenario sal wees. Bayer meen daar is sterk argumente vir die hooggeregshof om dit te aanvaar en uiteindelik in sy guns te beslis. Bayer is egter ook voorbereid op die tweede scenario en die bestuur van die verwagte eise deur skikkingsooreenkomste en regsaksie, om uiteindelik ’n einde aan die regsaksie te bring.

Vir die tweede scenario begroot die maatskappye bykomende voorsiening in die vorm van ’n bruto bedrag van $4,5 miljard.

Mnr. Werner Bauman, uitvoerende hoof van Bayer, het aan beleggers gesê die maatskappy wil hulle gerusstel dat die blootstelling aan glifosaat-regsaksie nou redelik in berekening gebring is. “Dit is belangrik vir die maatskappy, ons eienaars en ons kliënte dat ons aanbeweeg en die onsekerheid en dubbelsinnigheid van die glifosaat-regsaksie agter ons laat.

“Hierdie duidelikheid behoort ingeligte beleggers toe te laat om te konsentreer op hul bedryfsprestasie, die gehalte van Bayer se besighede en sy inherente waarde.”

Die maatskappy sal die hooggeregshof versoek om die Hardeman-saak in Augustus te hersien. ’n Hof in San Francisco, Amerika, het skadevergoeding van $80 miljoen (R1,13 miljard) aan die 70-jarige Hardeman toegestaan agt dae nadat dit beslis het Hardeman se gebruik van die onkruiddoder Roundup het daartoe bygedra dat hy kanker gekry het.

Indien die hooggeregshof die hersiening toestaan, sal ’n finale beslissing oor die saak waarskynlik volgende jaar gelewer word. Daarom is Bayer baie selektief in sy benadering tot skikkingsooreenkomste, en sal geen verdere skikkingsooreenkomste in die komende maande aangegaan word of as die hooggeregshof ’n hersiening toestaan nie.

Indien die aansoek nie suksesvol is nie, sal Bayer ’n program vir die administrasie van eise van stapel stuur vir die eise van individue wat voorheen Roundup gebruik en oor die afgelope 15 jaar nie-Hodgkin-limfoom ontwikkel het.

Die maatskappy sal ook bykomende stappe doen om te verseker dat die regsaksie tot ’n einde kom en dat enige eise wat in die toekoms teen Roundup ingestel word, beperk word en waarskynlik onsuksesvol sal wees.

Dié stappe sluit onder meer in om glifosaat-gebaseerde produkte in die Amerikaanse grasperk-en-tuinmark met nuwe formulerings te vervang wat deur die Amerikaanse omgewingsbeskermingsagentskap (EPA) en ander staatsentiteite goedgekeur moet word. Die doel hiervan is uitsluitlik om die risiko van regsaksie te bestuur, en nie weens veiligheidsredes nie.

Aangesien die meeste eise in die regsaksie van verbruikers in die grasperk-en-tuinmark kom, sal dié stap die primêre bron van toekomstige eise uitskakel. Daar sal geen verandering wees in die beskikbaarheid van Bayer se glisofaat-formulerings in die professionele en landboumarkte nie.

Die maatskappy sal ook met die EPA kontak maak oor Roundup se etiket ten einde meer inligting aan verbruikers te verskaf sodat ingeligte aankope en aanwending van die produk verseker word. Bayer sal ook teen einde vanjaar ’n webwerf met wetenskaplike studies oor Roundup se veiligheid skep wat selfs meer deursigtigheid aan kopers van die produk sal verskaf.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Life is exciting when you meet the right person
I am a down to earth person outgoing people's person love braai outdoors and also like to be at home watching movies and listening to music ek geniet my werk is n hard...
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot