Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, sê gegewe die moontlike styging in die vraag na belangrike grane, soos mielies, moet verseker word dat Suid-Afrika voldoende voorrade vir plaaslike verbruik het terwyl uitvoer voortduur.
Dié stelling is nie ’n beroep op die regering vir beleidsingryping by die beweging van gewasse per se nie, sê hy. Deur gereelde monitering en publisering van uitset- en uitvoervolume, soos wat reeds vir die meeste grane plaasvind, kan markprysbepaling dienooreenkomstig aanpas.
“Wanneer plaaslike voorrade knap is, sal die prysstygings kopers dwing om elders te kyk, en só verseker dat daar beskikbare voorrade in Suid-Afrika is.”