AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

SA hoenderboere: Is ‘storting’ dan ‘oukei’?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Astral
Foto: Astral
Die regering se uitstel van teenstortingstariewe op hoenderstukke aan die been laat dit voorkom asof storting “oukei” is, selfs al is dié uitstel net vir 12 maande, sê die plaaslike braaihoenderbedryf.

Mnr. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) se braaihoenderorganisasie, sê in reaksie op mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, se besluit om die inwerkingtreding van die tariewe uit te stel, die plaaslike pluimveebedryf is wel simpatiek vir die situasie van kontantarm verbruikers en verstaan dat voedselprysinflasie Suid-Afrikaners benadeel.

Plaaslike produsente voel egter die besluit is in stryd met die gees van die pluimveemeesterplan, waarin tariefmaatreëls spesifiek genoem word as ’n belangrike pilaar om storting te stuit. Die besluit bring volgens hulle die vertroue in gedrang wat almal in die meesterplanproses gehad het.

“Die besluit sal nie Suid-Afrika se pogings tot lokalisering, werkskepping, transformasie, belegging of ontwikkeling van die landelike ekonomie ondersteun nie. Dit kan inteendeel skade veroorsaak en sal sekerlik in die voorsienbare toekoms die bedryf se beleggingsplanne ontwrig,” sê Breitenbach in ’n verklaring.

Dit volg nadat Patel Maandag aangekondig het dat hy die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) se bevinding aanvaar dat hoenderstukke aan die been vanuit Brasilië, Denemarke, Ierland, Pole en Spanje plaaslik gestort word, maar ook besluit het dat teenstortingstariewe eers oor 12 maande ingestel sal word. Patel het gesê hy doen dit ter wille van goedkoper hoendervleis vir verbruikers wat weens voedselinflasie onder groot druk is.

Breitenbach sê die besluit het die pluimveebedryf verras, omdat die minister in die verlede teenstortingstariewe ondersteun het en sulke tariewe reeds voorlopig vir ses maande op hoender uit die betrokke vyf lande gegeld het.

Daar behoort volgens hom eers bewys te word dat daar ’n verband is tussen handelsmaatreëls om storting te keer en stygende verkoopspryse van hoendervleis. Stygende voedselpryse word in Suid-Afrika en wêreldwyd aangedryf deur internasionale grondliggende faktore in grondstofmarkte, veral hoë ruoliepryse, die vraag na mielies vir etanolproduksie in Amerika, internasionale weerverskynsels, wêreldvraag- en aanboddinamika en veral Rusland se oorlog in Oekraïne, wat internasionale graanpryse beïnvloed het.

“Die SAPV glo vas dit is ’n wanopvatting om te dink dat die gebrek aan teenstortingstariewe die verbuiker sal help. Die minister se aankondiging bied bloot aan invoerders kwytskelding vir 12 maande en (die voordeel van) enige ‘goedkoop’ hoenderinvoer sal eenvoudig as gesonde marges na die sak van die invoerder gaan. Daar bestaan geen bewyse dat invoerders gestorte hoendervleis teen ’n lae prys aan die verbruiker verkoop nie en invoerders sal die kans weer uitbuit om aktief in onbillike handelspraktyke deel te neem. Die totale hoeveelheid hoendervleisinvoer oorskry reeds die produksievolume van Suid-Afrika se grootste produsent.”

Breitenbach sê Suid-Afrika behoort nie die proteïen wat hy nodig het, in te voer nie. Die plaaslike bedryf subsideer tans hoenderverkoopspryse omdat rekordhoë voerkoste, brandstof- en energiekoste sy marges wegkalwe in ’n mark met rekordvlakke van werkloosheid en kwynende besteebare inkomste.

Die bedryf oorweeg moontlike stappe oor Patel se besluit, maar wag nog vir besonderhede, soos die vlak waarop teenstortingstariewe ingestel sal word en van wanneer af.

‘Oorwinning vir verbruikers’

Hoenderinvoerders en die DA het Patel se aankondiging verwelkom. Die Suid-Afrikaanse vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie) het dit bestempel as “ ’n groot oorwinning vir miljoene kontantarm Suid-Afrikaanse verbruikers”.

Mnr. Paul Matthew, uitvoerende hoof van Amie, het gesê dit wys “dat ons regering, en spesifiek die minister, bewus is van verbruikers se benarde situasie en gereed is om dapper stappe te doen om die uitwerking van wegholinflasie te versag, wat bemoedigend is”.

Regerings reg oor die wêreld het volgens hom invoertariewe verminder om hul burgers te help oorleef. Mexiko, die Filippyne en Suid-Korea het tariewe op ingevoerde goedere, onder meer hoendervleis, opgehef en Amerika oorweeg soortgelyke stappe.

“Die liberalisering van handelsbeleidsrigtings kan verbruikers help,” sê Matthew. “Die teenoorgestelde is waar van lokalisering en proteksionistiese beleidsrigtings, omdat dit mededinging beperk, wat lei tot ’n styging die prys van plaaslike goedere.”

Mnr. Dean Macpherson, DA-LP, sê in ’n verklaring Patel het met sy aankondiging ’n “drastiese en vernederende ommekeer” gemaak ná sy vroeëre uitlatings oor tariewe. “Meer en meer vrae word gevra oor Patel se strategie oor meesterplanne en voortgesette tariefbeskerming wat verbruikers duidelik seermaak en basiese voedselsoorte duurder maak.” Die DA staan ’n benadering voor waarin ondernemings eerder gehelp word om mededinger te word om produksiekoste te verlaag as om op staatsbeskerming staat te maak.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.49
-0.4%
Rand - Pond
22.63
-1.2%
Rand - Euro
19.79
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.38
-0.8%
Rand - Jen
0.14
-1.2%
Platinum
988.03
+2.0%
Palladium
1,398.61
-0.9%
Goud
1,976.22
-0.7%
Silwer
22.24
-1.6%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,340
+2.0%
Alle aandele
73,805
+1.8%
Hulpbronne 10
65,046
+3.4%
Industriële 25
99,188
+2.2%
Finansiële 15
15,025
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot