Sundale Schreiber, ’n gesamentlike onderneming tussen die Oos-Londense Sundale Dairy en die internasionale maatskappy Schreiber Foods, sê die uitvoerooreenkoms open vir die suiwelbedryf deure vir internasionale handel.
Sowat 2 000 ton kaassnye sal die volgende 15 maande uitgevoer word. Die eerste besending het middel Maart vanaf die Coega-hawe na Saoedi-Arabië vertrek en volgende besendings sal onder meer na Iran, Doebai en Katar gaan.
Pierre van Rensburg, uitvoerende hoof van Sundale, sê “as ons dit goed doen, is die moontlikheid daar dat die uitvoer baie uitgebrei kan word”.