AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

SA Kaasfees lok duisende ná covid-19-onderbreking

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vanjaar se SA Kaasfees het weer duisende mense na Sandringham buite Stellenbosch gelok.

Agri-Expo het vanjaar ’n suksesvolle en innoverende SA Kaasfees aangebied nadat dit weens die covid-19-pandemie twee jaar nie aangebied kon word nie. Die organisasie bied sedert 2002 die geleentheid aan. Al die kaartjies was uitverkoop, sê mnr. Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, luidens ’n verklaring.

Die fees is van 30 April tot 2 Mei op Sandringham buite Stellenbosch aangebied. Weens covid-19-regulasies moes besoekers tot 2 000 per dag beperk word. ’n Opwipfees is die naweek van 23 en 24 April by die Groote Post-wynlandgoed buite Darling aangebied. Dit is deur sowat 3 000 feesgangers bygewoon. 

Mnr. Alan Winde,  premier van die Wes-Kaap, sê die gewildheid van die fees ’n teken van ekonomiese groei. Dit dien as toonvenster  van landbouprodukte  en bring mense byeen.

Buffel-mozzarella en halloumi vlieg van die rakke

Kaasliefhebbers kon kies en keur uit produkte van 120 uitstallers, onder meer  klein kaasmakers wat hul produkte bekend kon stel deel as deel van die #SupportSmallCheeseMakers-projek, in vennootskap met die Wes-Kaapse departement van landbou.

Produkte het van die rakke gevlieg, soos  Zandam se buffel-mozzarella, Jabulani Chigara se draakvrugte, Klein River Cheese se wêreldbekroonde, verouderde gruberg, Rockvale én Foxenburg se bokmelkkase, Tlaquepaque se halloumi, Karootjie van Calitzdorp se roosmaryn-en-rooiwynkruiesout en die Wes-Kaapse Heuningbostee-koöperasie se tee.

Vanjaar se sukses kan tot ’n groot mate toegeskryf word aan die platform wat geskep is vir van klein entrepreneurs tot nasionale maatskappye om nuwe produkte aan verbruikers bekend te stel, sê Ehlers. 

Die SA Kaasfees vind volgende jaar weer oor die langnaweek van Saterdag 29 April tot Maandag 1 Mei 2023 plaas. Besoek www.cheesefestival.co.za vir nog inligting, volg die SA Kaasfees op Twitter @SACheeseFest, Facebook @SACheeseFestival of Instagram @sacheesefest, of kontak Agri-Expo by admin@agriexpo.co.zat of tel. 021 975 4440. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.5%
Rand - Pond
22.09
+1.0%
Rand - Euro
19.45
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
986.79
+1.9%
Palladium
1,472.44
+1.7%
Goud
1,981.50
+0.9%
Silwer
23.85
+2.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy Sien is wat jy kry, niks Meer nie maar ook niks minder ni
Want Ek word nie maklik vergeet Nie, n goeie herhindering, Kom Kyk en vind uit .Ek is Nie die tiepe wat oordeel en Dan nog demands rond slinger Nie,
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot