AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA kan mielies uitvoer, eerder as aflaai

Hoewel die mielie-oes nog vér van die silo’s af is, lyk dit asof mielies dié seisoen in SA se hawens op skepe gelaai gaan word, eerder as om dit af te laai.

Die bemarkingseisoen van 2016/’17 (1 Mei 2016 tot 30 April 2017) dui op die mielie-oes wat aan die einde van 2015 en die begin van 2016 geplant is. Die ernstige droogte tydens planttyd en die gepaardgaande afname in aanplantings is nou al ou nuus.

Die invoer van geel, sowel as wit mielies wat hierdeur genoodsaak is, verloop tot dusver goed en geel mielies word vanaf Mei 2016 teen ‘n gemiddelde tempo van meer as 180 000 ton per maand ingevoer. Die plaaslike verbruik van geel mielies (spesifiek dierevoer) is sowat 5% minder as die vorige bemarkingseisoen. Ander aanwendings en uitvoer na buurstate bly konstant.

Oordragvoorrade van geel mielies aan die einde van April 2017 behoort voldoende te wees.

Neiging in verbruik

Die neiging in die menslike verbruik van wit mielies dui op ‘n afname van 10% in vergelyking met die vorige jaar. Dit is eintlik verbasend as die witmielie-prysstyging van 50% in drie maande gedurende hierdie tyd in ag geneem word.

Wit mielies word teen meer as 70 000 ton per maand ingevoer. Dit is onduidelik of hierdie tempo vir die res van die bemarkingseisoen volgehou gaan word. Ingevoerde wit mielies is nie net ongewild nie, maar pryse word oor tyd ook al hoe laer. Op 25 November 2016 was die sluitingpryse van Desember 2016, Maart 2017 en Mei 2017 WMAZ onderskeidelik R4100, R3955 en R2800 per ton. Indien witmielie-invoere te vroeg gaan opdroog, sal die oordragvoorraad van wit mielies in April 2017 baie knap wees en kopers kan skarrel om genoeg wit mielies in die hande te kry.

Die 2017/’18-bemarkingseisoen

Dit is mielies wat nou geplant of in die proses van aanplanting is. Reënval is verreweg die belangrikste maatstaf van ‘n goeie of slegte mielie-oes. Voorspellings dui op effens bogemiddelde reënval vir die plant- en groeiseisoen. Aanplantings in die oostelike gedeeltes van die mieliegebied het volgens plan verloop (hoewel dit nou droog is) en die plantproses vir die westelike gedeelte lyk goed op dreef.

Berekeninge in hierdie stadium dui daarop dat Suid-Afrika se witmielie-oes meer as binnelandse (menslike) behoeftes en uitvoer na buurstate sal wees. Boere se voorneme om te plant en ‘n gemiddelde opbrengs word as maatstaf vir dié berekeninge gebruik.

Dit is egter ‘n ander saak in die geval van geel mielies. Die verwagte oes gaan heelwat kleiner as plaaslike- en buurstaat verbruik wees (voornemens om te plant en ‘n gemiddelde oes word weer gebruik). Indien die huidige verwagtinge van ‘n normale mielie-opbrengs (wit en geel) realiseer, sal die surplus wit mielies genoeg wees om ook in die verwagte geelmielie-tekort te voorsien, met ‘n bietjie diepsee-uitvoer.

Hoewel die komende oes nog ver van in die silo’s is, lyk dit asof mielies vir hierdie (komende) seisoen in Suid-Afrika se hawens op skepe gelaai gaan word, eerder as om dit af te laai.

Johan Strauss is 'n navorser by BVG Commodities.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Groot beer met n sagte hart
Ek is n sagte mens en respekteer n vrou, ek is baie romanties en hou van spoil. Ek is loyal teenoor my regte pasmaat
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot