AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

SA landbou bly kwesbaar

Die plaaslike landbousektor bly kwesbaar ondanks die onlangse kredietgradering-grasie wat die land gegun is.

Suid-Afrika het onlangs afgradering na rommelstatus net-net misgeloop, dog die vooruitskouing vir die kredietgraderingsinstansies Fitch, Moody’s en Standard & Poor’s, bly negatief.

“Dis beslis goeie nuus dat die vernaamste kredietgraderingsagentskappe Suid-Afrika se beleggingsgradering in stand gehou het. Finansiële markte, veral die rand, het gunstig op die nuus gereageer,” sê prof. Johann Kirsten, hoof van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch. “Om te verhoed dat die kredietgradering in die volgende 12 maande verlaag word, moet die Tesourie voortgaan om fiskale dissipline te toon.

“Dit is net so noodsaaklik dat die Regering groter vordering wys met strukturele hervormings aan die arbeidsmark wat die potensiaal het om op medium termyn die groeikoers van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk te verbeter.” Kirsten sê groter politieke onsekerheid, die vernietiging van die regstelsel en die volledige kaping van die Tesourie sal ’n afgradering onvermydelik maak.

Landbou benadeel

“Só ’n situasie sal die landbou redelik benadeel omdat die koste van krediet, wat seker een van die landbou se grootste uitgawes is, dramaties sal styg,” sê hy. “Die wisselkoers sal verswak en uitvoerbedrywe op kort termyn bevoordeel, maar net tot hulle insette en masjinerie moet invoer.”

Algemene produksiekoste sal styg as gevolg van duurder krediet, brandstof, onderdele en werktuie en sodoende boerderywinsgewendheid onder druk plaas. “Voedselinflasie sal skielik weer styg en saam met duurder krediet én brandstof sal die armes slegter daaraan toe wees. Dit kan nóg maatskaplike onstabiliteit en misdaad meebring.”

Ekonomie ‘op voorwaardes’

Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, sê aangesien die vooruitskouing van negatief binne 12 maande hersien moet word, het die graderingsinstansies die land letterlik “op voorwaardes” geplaas.

“Die kernoorweging bly eenvoudig dat ons die ekonomie heelwat sterker moet laat groei en sodoende die betalingsbalans verbeter en fiskale tekorte teenwerk.” Purchase sê aangesien die landbou se BBP die afgelope twee jaar erg gekrimp het, en voedselverwerking kwalik gegroei het, het die verskillende bedrywe bygedra tot die swak ekonomiese prestasie van Suid-Afrika se ekonomie.

“Natuurlik sal reënval ’n beduidende rol speel om die situasie te help verbeter. Gelukkig lyk dit in dié stadium gunstiger.” Purchase sê die Regering se verwagtinge van die landbou is groot. Hy sê ook die “vernuwing van die landbou- en landbouverwerkingswaardekettings” geniet voorkeur in die Regering se negepuntplan.

Die verwagting is moontlik te groot, gegewe die primêre landbou se bydrae van net sowat 2,5% tot die BBP, beperkte regeringsteun aan die kommersiële landbou en die groot droogte. Hy sê strukturele hervormings, soos privatisering – dalk net gedeeltelik – van staatsondernemings en ’n vryer arbeidsomgewing, behoort plaas te vind.

“Hef aan lê dus voor en ons is nie uit die moeilikheid uit nie. Ten beste bied dit ’n geleentheid.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot