AFGRI
BEAN
28 Nov
-
9156
14,00
CORN
28 Nov
-
4471,2
-39,80
SOYA
28 Nov
-
8830
66,00
SUNS
28 Nov
-
10850
-158,00
WEAT
28 Nov
-
6690
-4,00
WMAZ
28 Nov
-
5324
-21,00
YMAZ
28 Nov
-
5117
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

SA maatskappy belê R650 miljoen in daggabedryf

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Goodleaf Wellness, die houermaatskappy van die goodleaf CBD-handelsmerk, het onlangs in ’n transaksie van R650 miljoen ’n 65%-aandeel in die Kanadese maatskappy Highlands Investments beklink.

Die samesmelting gee Goodleaf Wellness toegang tot Highlands se uitvoermarkte na Europa, die Ooste, Australië en Afrika, wat tans in die wêrelddaggamark ongelooflike waarde het omdat internasionale regulasies marktoegang erg bemoeilik.

Die samesmelting gee Goodleaf Wellness ook toegang tot die plantmateriaal wat op Highlands se twee produksiepersele in Lesotho geproduseer word. Mnr. Warren Schewitz, uitvoerende hoof van Goodleaf Wellness, sê die produk- en marktoegang is uiters belangrik vir die groei van Goodleaf Wellness en goodleaf CBD.

“Vir die produksie van die goodleaf CBD-produkte, wat in die meeste Suid-Afrikaanse kettingwinkels, spesialiteitswinkels en ons eie kleinhandelwinkels beskikbaar is, moes ons onverwerkte dagga na Suid-Afrika invoer. Hierdie onverwerkte dagga het meestal uit Colombia en Amerika gekom, omdat die plaaslike produk nie aan die vereiste gehalte-, naspeurbaarheid- en produksiestandaarde voldoen het nie, al is dit bekom van produsente wat by die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte (Sahpra) geregistreer is.

“Ons kan dus nou ons koste en ons gehalte beter bestuur met die toegang tot ’n groot volume onverwerkte dagga van medisinale gehalte uit Lesotho. Met die toegang tot die uitvoermarkte, die uitstekende gehalte van die produk, volledige naspeurbaarheid en die eg Afrika-karakter van ons produk het ons baie vertroue in die toekoms van die bedryf.”

Suid-Afrikaanse daggabedryf steeds staties

Schewitz meen dat daar tans min sinvolle beleggings in die daggabedryf in Suid-Afrika beskikbaar is vir produsente wat nou betrokke wil raak. Tensy ’n duidelike roete na inkomste verseker kan word, maak die regulasies dit onmoontlik om dagga op ’n spekulatiewe wyse te produseer. “Sahpra het produksielisensies aan verskeie boere toegeken en hulle produseer nou daggablomme, maar weet nie wat om daarmee te doen nie. Eerstens is daar baie streng vereistes vir naspeurbaarheid en gehalte en nie al die plaaslike produkte voldoen aan hierdie vereistes nie. Tweedens is daar nie ’n lewendige, spekulatiewe kleinhandelsektor wat ’n gesonde mark vir die produkte ontsluit nie. As jy nie ’n kontrak met ’n uitvoerder of verwerker het nie, gaan dit baie moeilik wees om jou dagga verkoop te kry.

“Dit is om hierdie rede dat Goodleaf Wellness oor die afgelope drie jaar daarop gekonsentreer het om CBD-produkte van topgehalte te vervaardig en ’n betroubare en gerespekteerde handelsmerk te vestig. Dit het vir ons ’n versekering van verdienste uit dagga gegee. Van daardie platform kon ons verdere beleggingsbesluite begin neem.”

Die daggabedryf, beide vir medisinale en ontspanningsgebruik, is ongelooflik kompleks met baie belanghebbendes wie se belange almal oorweeg moet word. Die betrokke staatsdepartemente en regulatoriese instellings het al goeie vordering gemaak, maar daar is nog nie ’n doeltreffende regulatoriese raamwerk wat ’n ekonomies lewensvatbare bedryf vir medisinale of ontspanningsgebruik sal ontwikkel nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.1%
Rand - Pond
20.63
+0.5%
Rand - Euro
17.87
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.45
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,749.92
-0.5%
Silwer
21.36
-0.5%
Palladium
1,846.50
-0.5%
Platinum
997.00
+1.3%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,956
+0.3%
Alle aandele
73,386
+0.3%
Hulpbronne 10
70,760
-1.0%
Industriële 25
88,302
+1.1%
Finansiële 15
16,391
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot