AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9780,8
66,80
CORN
29 Mrt
-
4644
-27,00
SOYA
29 Mrt
-
8249
6,00
SUNS
29 Mrt
-
8824
117,00
WEAT
29 Mrt
-
6620
-34,00
WMAZ
29 Mrt
-
3840
-43,00
YMAZ
29 Mrt
-
4064
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA se grootste hernubare-energieprojek vorder goed

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Die projek sal elektrisiteit aan byna 200 000 huishoudings lewer.

Die Suid-Afrikaanse Redstone-projek vir hernubare energie, wat gekonsentreerde sonkrag benut, se eerste skuldonttrekking is onlangs gedoen. Die projek is die grootste projek vir hernubare energie in Suid-Afrika. Die totale belegging van R11,6 miljard is die grootste in sy soort in die land.

Die Afrika-ontwikkelingsbank koördineerder die totale belegging. Die bank het hom verbind om R2,306 miljard by te dra tot die projek. Kommersiële bedrywighede van die projek is geskeduleer om in die vierde kwartaal van 2023 te begin.

Luidens ’n verklaring sê die Afrika-ontwikkelingsbank dat hierdie projek ook finansiering verkry van internasionale en Suid-Afrikaanse finansiële instellings, wat insluit Absa, die CDC-groep, die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, Deutsche Investitions- und Entwicklungsgesellschaft, Nederlandse Financierings-Maatschappij voor Ontwikkelingslanden, Investec, Nedbank, Sanlam en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie.

Redstone word gelei deur ACWA Power, ’n maatskappy van Saoedi-Arabië wat betrokke is by aanlegte vir kragopwekking en die ontsouting van water in 12 lande. ACWA Power is die hoofaandeelhouer in Redstone. Die mede-aandeelhouers is die Sentrale Energiefonds, Pele Green Energy en die plaaslike gemeenskap.

Die aanleg word by Kenhardt in die Noord-Kaap opgerig. Dit sal toegerus wees met ’n termiese opbergingstelsel wat 24 uur per dag skoon en betroubare elektrisiteit aan byna 200 000 huishoudings sal lewer.

Die werk aan die projek is reeds nege maande aan die gang. Die ingenieurswerk vir die projek is meer as 58% voltooi, terwyl verkrygings- en bouwerk op onderskeidelik meer as 45% en 6% staan. ’n Belangrike mylpaal is reeds bereik met die fondasie vir die projek wat al voltooi is.

Redstone sal ’n geskatte 440 ton koolstofdioksiedvrystellings per jaar verreken, terwyl dit ook waardetoevoegende aanvullende dienste aan Eskom sal verskaf. Dit is die eerste hernubare-energieprojek in Suid-Afrika wat bykomende dienste bied. Die projek is gesertifiseer onder die klimaatverbandstandaard en sertifiseringskema en is in ooreenstemming met die doelwitte van die Parys-klimaatooreenkoms wat probeer om aardverwarming tot minder as 2 °C te beperk.

Landbou hoopvol oor projek

Mnr. Nicol Jansen, ondervoorsitter van Agri SA, sê omdat die landbousektor energie-intensief is, veral met besproeiing, is elektrisiteit ’n noodsaaklike inset vir boere. Die bedryf bestee tans ongeveer R146 miljard aan intermediêre goedere en dienste, waarvan elektrisiteit sowat R7 miljard uitmaak. Daarom is stabiele en betroubare elektrisiteitstoevoer noodsaaklik. Probleme met die verskaffing van elektrisiteit bedreig voedselsekerheid omdat 25% van Suid-Afrika se voedsel geproduseer word met besproeiing en deur energie-intensiewe bedrywe. Die Redstone-projek kan dus daartoe bydra om elektrisiteit betroubaarder en hopelik goedkoper te verskaf.

Agri SA is deurlopend in gesprek met die relevante belanghebbendes oor aangeleenthede wat met energie verband hou, en sal voortgaan om te steun vir hervorming binne die energieruimte te bied.

Kleinskaalse fotovoltaïese installasies bied ’n geleentheid vir boere om elektrisiteit op te wek en druk op die netwerk te verlig. Deur die regulatoriese en administratiewe beperkings te verwyder en toe te laat dat sonkraginstallasies as sekuriteit vir die finansiering van projekte gebruik word, kan boere – met verdere uitbreiding – genoeg elektrisiteit verskaf om fase 3-beurtkrag te voorkom.

Daar sal nie net sekerheid wees wanneer dit kom by energievoorsiening en beskikbaarheid vir boere nie, maar die skuif na hernubare energie bied ook ’n geleentheid vir boere om ’n rol te speel in selfopwekking, wat druk van Eskom sal verlig, gegewe dat daar grond beskikbaar is om hierdie selfopwekkingseenhede op te rig en private kapitaal beskikbaar is om hierdie eenhede te vestig, sê Jansen.

Benewens die doeltreffende lewering van skoon energie aan die nasionale netwerk sal die Redstone-projek tasbare maatskaplik-ekonomiese waarde bied deur plaaslike voorsieningskettings te benut en werksgeleenthede te skep. Die projek sal byna 44% van sy inhoud vir die projek plaaslik verkry en gedurende die boutydperk meer as 2 000 werksgeleenthede skep. Ongeveer 400 individue sal uit plaaslike gemeenskap aangestel word, en tydens die bedryfstydperk van die projek sal dit ongeveer 100 heeltydse werksgeleenthede skep.

Die strategiese belangrikheid van hierdie projek is erken deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Energievereniging wat in Oktober 2021 die “Leading the way in the energy sector”-prys aan ACWA Power toegeken het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
+0.3%
Rand - Pond
22.36
+0.2%
Rand - Euro
19.64
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
962.26
+0.3%
Palladium
1,421.35
+0.3%
Goud
1,966.11
-0.4%
Silwer
23.25
-0.3%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,742
+0.4%
Alle aandele
76,325
+0.4%
Hulpbronne 10
66,352
-0.2%
Industriële 25
103,432
+1.1%
Finansiële 15
15,543
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot