“Dit is omtrent 250 sakke saad en sowat R1,2 miljoen,” sê ’n boer van Coligny in Noordwes, die soveelste boer by wie daar onlangs saad gesteel is.
Hy het gevra dat sy identiteit weerhou word om sy veiligheid te beskerm. Die saad is gesteel nadat die alarm by sy skuur een aand aanhoudend afgegaan het.
“Dit is hoe hierdie saaddiewe werk. Hulle peuter met die alarms en dan gaan dit aanhoudend af en is dit nie meer funksioneel nie. Later moet ’n mens dit afskakel en dan slaan hulle toe en steel die saad,” sê die boer.