AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Saai help begunstigdes met eienaarskap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is dr. Theo de Jager, direksievoorsitter by Saai, mnre Whiskey Kgabo, plaas Ledzee in Limpopo. Barend Uys, hoof van interkulturele verhoudings en -samewerking by AfriForum; Vuyani Zigana, plaas Bersheba in KwaZulu-Natal en Johannes Bezuidenhout, Nuveld Farming Empowerment Entreprises in die Wes-Kaap. Foto: Verskaf
Van links is dr. Theo de Jager, direksievoorsitter by Saai, mnre Whiskey Kgabo, plaas Ledzee in Limpopo. Barend Uys, hoof van interkulturele verhoudings en -samewerking by AfriForum; Vuyani Zigana, plaas Bersheba in KwaZulu-Natal en Johannes Bezuidenhout, Nuveld Farming Empowerment Entreprises in die Wes-Kaap. Foto: Verskaf
Begunstigdes is gedoem tot bywonerskap omdat hulle grond van die staat moet huur.

Die netwerkorganisasie Saai wil toenemende druk op die staat plaas om van sy lede wat begunstigdes van grondherverdeling is, eienaarskap van hul huurplase te gee.

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê die begunstigdes is uitgelewer aan die nepotisme, wanadministrasie, bedrog en ondoeltreffendheid van die staat wat dit byna onmoontlik maak vir ’n swart boer om kommersieel te presteer en ’n sukses van sy boerdery te maak.

Hy sê die grondhervormingsprogram het klaaglik misluk. Ondanks die miljarde rande wat oor die afgelope 28 jaar daarop bestee is, kon hy nie daarin geslaag om ’n klas winsgewende swart boere te skep nie.

Een van die lede wat deur Saai bygestaan word om eienaarskap te kry, is mnr. Whiskey Kgabo wat al 38 jaar in die Letaba-distrik boer en daagliks deur betreders getreiter word. De Jager sê die polisie weier om op te tree. Hulle glo die departement het die probleem geskep en moet dit daarom oplos.

“As huurder van staatsgrond kan hy nie miljoene rande in omheinings en sekuriteit te belê nie, want hy weet nie of hy op die plaas gaan bly nie. Hy moet eers sekerheid van verblyfreg bekom voordat hy sekuriteit het om landboufinansiering te bekom.”

Nog ’n lid, mnr. Vuyani Zigana, is al talle kere van een plaas na ’n ander verskuif omdat die departement sy huurplaas vir ’n kader wil gee of omdat nog begunstigdes die plaas moet deel en die amptenare nie van die bestaande huurders weet nie.

Mnr. Johannes Bezuidenhout, wat in die Moordenaarskaroo naby Beaufort-Wes boer, is moedeloos met die administratiewe rompslomp in die departement. Hy wag al tien maande dat die verlenging van sy huurkontrak bekragtig word. Hy kan nie verder boorgate sink, krippe bou of uitbrei nie omdat amptenare al geskimp het dat hulle ’n deel van sy plaas aan iemand anders wil gee.

De Jager sê eienaarskap van plase is deurslaggewend vir die suksesvolle ontwikkeling van boere. “ ’n Plaas is ’n besigheid, en soos in enige ander besigheid is beleggersekerheid nodig. Die boer is die belangrikste belegger op ’n plaas, en as hy nie sekerheid van grondgebruik het nie, ly die boerdery en die plaaslike ekonomie daaronder.”

Saai se druk is daarop gemik om aan die opkomende boere titelaktes te gee of om hulle toe te laat om die plase te koop. Mnr. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê die onsekerheid oor huurkontrakte is een van die belangrikste hindernisse in die pad van suksesvolle ontwikkeling van boere. “Die landbou is ’n langtermynbelegging en private eienaarskap van landbougrond is die algemeenste element wat suksesvolle landboulande gemeen het.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.59
-0.4%
Rand - Pond
22.78
-0.2%
Rand - Euro
19.97
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
985.46
+0.1%
Palladium
1,415.30
-0.1%
Goud
1,966.82
-0.6%
Silwer
22.45
-0.4%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Introvert tot ek gemaklik is. Omgee mens. Onafhanklik en soek my beste maat.
Ek is netjies op myself en my huis. Ek het n passie vir DIY. dit hou my besig. Ek hou van dans, braai en kuier maar ook om te ontspan voor die tv. Ek geniet kuns markte en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot