AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4511
0,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10920
0,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
5064
0,00
YMAZ
05 Des
-
4900
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

SAB span spinasie in vir watersuiwering

akkreditasie
Die onderneming TaylorMade Water Solutions kan nou ’n inkomste genereer danksy die verkoop van die spinasie. Foto: Verskaf
Die onderneming TaylorMade Water Solutions kan nou ’n inkomste genereer danksy die verkoop van die spinasie. Foto: Verskaf
Spinasie en bier is dalk nie pasmaats op jou bord nie, maar danksy vernuwing by Suid-Afrikaanse Brouerye werk die twee saam om water te suiwer en te bespaar.

Suid-Afrikaanse Brouerye beoog om ’n drupbesproeiingstelsel van 2 000 m2 op te rig om afloopwater van sy aanleg by Ibhayi in Gqeberha te gebruik om ’n plaaslike onderneming, TaylorMade Water Solutions, by te staan om spinasie op verhewe tuinbeddens te kweek, wat dan in die kweekproses die water sal suiwer sodat SAB dit weer in sy aanleg kan gebruik.

Dié projek, genaamd Projek Popeye, spruit voort uit die Projek Eden-waterbesparingspark, ’n inisiatief van SAB om ’n kunsmatige vleiland te bou om afvalwater uit die aanleg te herwin.

SAB het met vennote soos WWF Suid-Afrika en die Nasionale Hulpbronnebestuursprogram saamgespan om in die afgelope ses maande nagenoeg 2,5 miljard liter water in opvangsgebiede en riviere vry te stel danksy belangrike beleggings. Projek Popeye by sy Ibhayi-aanleg is ’n eiesoortige inisiatief wat danksy hierdie beleggings ontstaan het.

“Wat begin het as ’n projek om ons water te behandel, het soveel meer geword, sê mnr. Josh Hamman, die direkteur van landbou-ontwikkeling by SAB.

“Dit is nie net die eerste volledig groen biologiese behandelingstelsel vir ’n brouery in Afrika nie, maar dit skep die geleentheid om voor te gaan met navorsing en ontwikkeling by die Rhodes-universiteit en is ’n werkskeppingsbron ter waarde van R2 miljoen per jaar verder af in die waardestroom.” 

Spinasie kweek

“Deur Projek Eden was dit moontlik om ons impak te verdubbel om interne watergebruik te verminder, en kan ons ’n bron van kos en inkomste aan ons plaaslike gemeenskap verskaf,” sê Hamman.

Die afvalwater van die brouproses bied al die water en voedingstowwe wat die spinasie van Projek Popeye benodig, wat beteken geen ekstra water of bemesting word gebruik nie.

“Deur SAB se unieke benadering kan die voedingstowwe omskep word in ’n nuwe landbouproduk. Dit keer ’n moontlike verlies om in ’n volhoubare besigheid met ’n letterlike groen produk, met ware sirkulasie in aksie.”

Die spinasiebeddens gebruik slegs 10% van die water wat daardeur vloei, met 90% wat steeds bruikbaar is vir hergebruik, terwyl die plante die voedingstowwe uit die water gebruik.

“Die prag van die stelsel is die skep van ’n splinternuwe produk (spinasie) met geen bykomende waterbenodighede van die opvangsarea nie, en verbeter só die brouery se watergebruik deur verbeterde watergehalte en hergebruikpotensiaal.”

“Elke proses bied voordele vir die ander – die brouproses bied organiese afval en water, wat dan die voedingsbron en besproeiing is vir die gewasse. Die gewasse onttrek die voedingstowwe uit die water en gebruik ’n klein persentasie water, terwyl die res gesuiwer word en dan word die skoon water weer bruikbaar vir verwerking in ons eie herwinningsaanleg om te hergebruik vir ons eie interne werksaamhede.”

”Die verliese van aanlegte se produksie raak normaalweg ’n afvalbestuuraanspreeklikheid vir ’n onderneming en in te veel gevalle, die samelewing of omliggende omgewing.” 

spinasie project popeye
Die spinasie word in verhewe beddens by SAB se Ibhayi-aanleg naby Gqeberha gebruik om water te suiwer wat dan weer in die aanleg gebruik kan word. Foto: Verskaf

Navorsing

Projek Eden het ontstaan ná mnr. Martin Davies van die Rhodes-universiteit die aanvanklike konsep vir die vernuwing in 1998 aan SAB voorgestel het. Hoewel die idee toe reeds goed ontvang is, het SAB tien jaar later in 2008 die eerste belegging van R1 miljoen in Projek Eden gemaak.

In die daaropvolgende 13 jaar het prof. Cliff Jones van die departement igtiologie en visserywetenskappe aan die Rhodes-universiteit verskeie navorsings- en ontwikkelingsprojekte in ’n gesamentlike projek met SAB gelei.

Nog van die brouery se afvalwater word herwin deur gebruik te maak van hoëtempo-algedamme en geboude vleilandtegnologie om die voedingstowwe uit die afvloeiwater te gebruik, wat alles bykomende tegnologieë is wat danksy die navorsing ontstaan het. Verskeie toepassings, soos akwakultuur, hidroponika, algebiomassa en die landbou, is vir die proses aangewend.

Die vernuwing is ook op eksperimentele en loodsskaal getoets en ontwikkel in samewerking met gewaswetenskaplikes van die Universiteit van KwaZulu-Natal en finansiële ondersteuning van die Waternavorsingsraad.

“Projek Popeye is dus die volgende stap en bied vir die eerste keer ’n bewys van die konsep op ’n kommersiële skaal.”

“Dit is die drievoudige spiraal (van vernuwing) op sy beste. SAB lei die weg na volhoubare gebruik van beperkte waterbronne, terwyl beduidende en tasbare maatskaplike voordeel geskep word deur die beginsels van sirkulêre ekonomie, waterenergie en voedselneksus te inkorporeer,” sê mnr. Dhesigen Naidoo, uitvoerende hoof van die Waternavorsingsraad.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.36
-0.1%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.43
+0.6%
Silwer
23.28
+0.6%
Palladium
1,903.96
+0.2%
Platinum
1,025.50
+0.5%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot