AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Sagtevrugte: Logistieke ketting se teleurstellings sal bedryf hard tref

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Ten spyte van pogings om agterstande by Kaapstad-hawe uit die weg te ruim, bevind dié hawe hom nie in ’n beter posisie nie. Veral pruimprodusente betaal tans die prys daarvoor, sê Hortgro.

Daar was sedert Desember verlede jaar vir ’n tyd sprake van ’n lig aan die einde van die tonnel wat agterstande by Kaapstad-hawe betref, maar die situasie by die hawe bly benard, sê mnr. Jacques du Preez, hoofbestuurder van handel en markte by Hortgro. Aangesien steenvrugte ’n goeie oes gelewer het en ’n uitstekende oes vir kernvrugte verwag word, is dit volgens hom tragies.

Du Preez sê die logistieke ketting het die vrugtebedryf in die steek gelaat en dat die sagtevrugtebedryf hard daardeur getref sal word, veral pruimprodusente wat groot finansiële verliese gely het weens uitgerekte verskepingskettings en die impak daarvan op die gehalte van die pruime, asook hul wins.

“Daar is voortslepende probleme ten opsigte van wêreldwye verskeping en logistiek. Ander lande wat ook vrugte uitvoer, ervaar dieselfde probleme,” sê Du Preez. “Bottelnekke en tekorte aan vraghouers is by feitlik alle hawens ’n werklikheid wat deur die oorlog in Oekraïne vererger word. Die voortslepende probleme by ons hawens, spesifiek Kaapstad-hawe, is egter die enkel grootste bedreiging vir ons bedryf.”

Voorkombare probleme met arbeid en doeltreffendheid gedurende Desember, asook kragonderbrekings, tesame met gebrekkige toerusting en vertragings weens wind en mis het in 2022 voortgeduur.

Du Preez sê ten spyte van Transnet se bestuur se beste pogings is agterstande en vertragings steeds nie uit die weg geruim nie. “Toerusting en die betroubaarheid daarvan bly die grootste probleem en geniet nie die nodige aandag nie. Wind, mis en ander vertragings vererger die probleme. Selfs die oorverhitting van toerusting gedurende Februarie se hittegolwe het vertragings veroorsaak.”

Dié probleme het gelei tot onaanvaarbare vertragings in vasmering, skepe wat Kaapstad-hawe verbysteek, en vrugte van twyfelagtige gehalte wat in uitvoermarkte aankom. “Hierdie vertragings dwing uitvoerders om hul vrugte padlangs na die hawens in die Oos-Kaap en Durban te neem teen ’n groot bykomende koste.”

Openbare-private-vennootskappe

Transnet en ander belanghebbendes vergader volgens hom steeds elke week. Intussen vind vergaderings ook met senior Transnet-beamptes plaas om die stigting van openbare-private-vennootskappe uit te pluis ten einde die rol van die verhuurder (Transnet-hawe-owerheid) en hawe-operateur (Transnet-haweterminale) te skei. “Ons vertrou dat die toegespitste benadering tot Kaapstad-hawe sal help om ’n oplossing op ’n nasionale vlak te vind wat ook die ander groot hawens sal insluit.”

Die werklikheid is egter dat die situasie vir die volgende jaar of twee uiters moeilik sal bly. Die skuif van sommige hyskrane vanaf Coega- na Kaapstad-hawe en die verwagte verandering ten opsigte  van die onderhoud en herstel van gebreekte toerusting sal volgens Du Preez produktiwiteit aansienlik in die 2022-’23-seisoen verbeter.

“Een van ons grootste kwessies is hoe om hierdie komplekse, veelkantige probleem, asook wat daaraan gedoen word, aan ons produsente te verduidelik. Ons verstaan ons produsente se frustrasie en die impak op hul winsgewendheid, maar daar is net soveel wat gedoen kan word.”

Benewens weeklikse vergaderings het Hortgro tesame met die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati) en die varsprodukte-uitvoerdersforum (FPEF) ’n konsultant aangestel om as sentrale kontakpersoon vir Kaapstad-hawe op te tree om kommunikasie meer vaartbelyn te maak en te verseker dat gebruikers van die hawe ’n verenigde front vorm om probleme aan te pak.

Op kort en mediumtermyn sal gekonsentreer word op die aankoop en onderhoud van toerusting, asook die wetgewing wat die verhoudings, verantwoordelikhede en aanspreeklikheid van die verhuurder en operateur bepaal.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Kom dans in die reen saam my
Eks passievol. lewens lustig. never a dull moment. ek bring die son saam waar ek gaan. hou van die simpel lewe . maar met baie liefde in
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot