AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SAID laat boere lank wag

Dit lyk asof ’n vrot vis in die SAID se waters rondbeweeg met sommige boere wat al twee jaar lank op volledige BTW-uitbetalings wag.

Dit lyk asof ’n vrot vis in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)  se waters rondbeweeg met sommige boere in die Vrystaat wat al twee jaar lank op volledige BTW-uitbetalings wag. Verskeie klagtes oor laat uitbetalings het Landbou.com die afgelope paar weke bereik.


Van die boere beweer dat bedrae van tot R400 000 aan hulle geskuld word, en dat hulle ten spyte van verskeie navrae aan die SAID steeds geen behoorlike terugvoering kry nie.


Vrystaat Landbou (VL) het reeds die kwessie met die SAID bespreek, maar die VL sê omdat elke boer se sake verskil en private inligting betrokke is, is die proses ingewikkeld. Die VL raai boere aan om met behulp van hul ouditeure hul sake te probeer uitsorteer.


Wil geld terughou


Baie boere, wat weens die swaar reëns en droogte asem ophou vir hul inkomste, ondervind tans probleme met kontantvloei. Van dié boere moes intussen hul BTW op koring betaal sonder dat hulle voldoende terugbetalings vir vorige betalings ontvang het.


Van hulle is so moedeloos met die situasie dat hulle hul betalings aan die Inkomstediens wil terughou: “Hoekom word yslike bedrae rente teen ons gehef as ons betalings ’n dag laat is, maar ons moet maar tevrede wees as die SAID langer as 21 dae vat om ons terug te betaal? Dis mos dubbele standaarde!”


Kapasiteitsprobleme


Hoewel Landbou.com vertroulik vanuit die SAID se geledere verneem het dat kapasiteitsprobleme met die verwerking van sommige BTW-oplaes ondervind word, sê mnr. Adrian Lackay, amptelike woordvoerder van die SAID, geen probleme bestaan in dié verband nie.


Hy sê die Inkomstediens het oor die afgelope paar weke ekstra maatreëls ingestel vir die verifiëring van terugbetalings om korrupsie en bedrog in dié verband te bekamp.


Dié maatreëls sluit die hersiening van oplaes deur middel van onder meer oudits in. Hy sê dié maatreëls is egter van toepassing op alle belastingbetalers, nie net boere in die Vrystaat nie.


“Die SAID is daarop ingestel om regmatige terugbetalings aan belastingbetalers so gou moontlik af te handel. Ons moet dit egter terselfder tyd balanseer met die belangrike onderneming om bedrog, diefstal en verkeerde betalings te bekamp,” aldus Lackay.


Hy het geen kommentaar gelewer op vrae van Landbou.com oor boere wat dreig om hul betalings terug te hou nie.


28 Maart 2011




Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot