AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sakeliga vat Eskom aan oor kragonderbrekings wat boere raak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Die nasionale kragvoorsiener Eskom is tot 10 Augustus kans gegee om te reageer op ’n aanmaningsbrief waarin Sakeliga, wat namens Agri Noordwes en TLU SA optree, eis dat doelbewuste kragtoevoeronderbrekings aan boere en ander landbouondernemings in dele van Noordwes en Limpopo stopgesit word.

Sakeliga en sy regsverteenwoordiger, Kriek Wassenaar & Venter Ing. (KWV Ing.), beweer Eskom sny onwettig elektrisiteit na baie van sy regstreekse kliënte in die twee provinsies af onder die dekmantel van lasvermindering.

Afsonderlik en dikwels bykomend tot die beurtkrag wat Suid-Afrikaners lank reeds van Eskom ervaar, is lasvermindering volgens Sakeliga veronderstel om ’n toepaslike verminderde elektrisiteitsvoorsiening in spesifieke gebiede te behels. Dit is nie veronderstel om totale kragonderbrekings te wees nie.

“Eskom tree onwettig op deur elektrisiteitstoevoer op sekere lyne heeltemal af te sny, in baie gevalle sonder redelike voorafkennisgewing. Die rede is oënskynlik om te voorkom dat die netwerk in hoëdigtheidgebiede, waar daar talle onwettige aansluitings is, oorlaai word en skade aan netwerkinfrastruktuur aanrig,” sê Sakeliga luidens ’n verklaring.

KWV Ing. se aanmaningsbrief aan Eskom meld dat die kragvoorsiener se regstreekse kliënte in Noordwes en Limpopo sedert November 2021 dié soort lasvermindering ervaar. Dit, ten spyte daarvan dat die meeste van hierdie kliënte, wat uit plase, ander landbouondernemings en “kleiner organisasies” bestaan, nie binne sulke hoëdigtheidsgebiede geleë is nie.

Die aanmaningsbrief verklaar dat, ingevolge wetgewing, “vrywillige en onwillekeurige lasverminderingsgebeure gekenmerk word deur die inkorting, gedeeltelike inkorting of vermindering van klantlasgrootte, maar geen werklike onderbreking van toevoer vind plaas nie”.

In opdrag van Agri Noordwes lui die aanmaningsbrief ook dat Eskom vroeër aangedui het dat hy met lasvermindering op sommige toevoerlyne in Noordwes voortgaan hangende ’n oudit van dié toevoerlyne en die monitor van vermindering om verliese tot ’n aanvaarbare vlak te beperk.

“In die twee maande is die betrokke regstreekse kliënte egter nie deur Eskom gekontak vir die oudit nie, of selfs hoegenaamd nie. Eskom het nie gereageer op navrae van Agri Noordwes oor die oudit nie.”

Sakeliga en KWV Ing. Sê as Eskom nie binne die spertyd van tien dae bevredigend op die aanmaningsbrief reageer nie, sal die saak na die howe geneem word.

Eskom het nog nie op Landbouweekblad se versoek om kommentaar gereageer nie. Agri Noordwes wou nie bykomende kommentaar lewer nie.

Straf

Mnr. Mauritz Lombard, TLU SA se bestuurder van beleidskakeling, sê sy landbou-unie is gegrief dat Eskom blykbaar lasvermindering gebruik om kliënte te straf wie se rekeninge agterstallig is sonder om die opbetaalde kliënte op dieselfde toevoerlyne in ag te neem.

“Hierdie praktyk is oneties en ongrondwetlik omdat dit teen wetsgehoorsame kliënte diskrimineer. Dit is ook nie kontraktueel korrek nie, omdat dieselfde wetsgehoorsame kliënte nou betaal vir dienste wat Eskom nie lewer nie. En hoe verwag Eskom van sy opbetaalde kliënte om voort te gaan om hul Eskom-rekenings te betaal wanneer hierdie kliënte nie die elektrisiteit kry wat hulle nodig het om vir hulself inkomste te genereer nie?”

Hy sê Eskom verbreek sy ooreenkoms met mense wat beurtkrag verstaan, aanvaar en duld, maar wat boonop onderhewig is aan lasvermindering.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot