AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Samewerking vir plaasveiligheid in Noord-Kaap

akkreditasie
'n Heining om 'n plaaswerf. Foto: Alani Janeke
'n Heining om 'n plaaswerf. Foto: Alani Janeke
’n Veldtog om landelike gemeenskappe in die Noord-Kaap van beveiligingsdienste bewus te maak, het die klem op die benutting van tegnologie soos alarm- en kamerastelsels asook monitering geplaas.

Gespesialiseerde dienste, soos misdaad- en forensiese ondersoeke, opleiding in misdaadtoneelbewaring, vuurwapenopleiding, asook die koppeling van netwerke om die vloei van misdaadinligting te bewerkstellig, is tydens inligtingsessies op Kuruman, Pofadder, Springbok en Calvinia aan meer as 200 boereverteenwoordigers en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en sekuriteitsmaatskappye oorgedra om hulself en hul gemeenskappe te beveilig.

Mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, sê die ontleding van sulke inligting en terugvoering daarvan as bruikbare inligting kan boereverenigings bemagtig met die oog op verdere optrede.

“Dit is nie maklik om suksesvol te boer nie, maar die landbou bly lekker, en daagliks uitdagend. Die landbou speel ’n onmisbare rol in welvaartskepping en plaaslike en nasionale stabiliteit. Daarom moet ons alles in ons vermoë doen om ons boerderygemeenskap te beskerm,” sê hy oor sy besoek aan die provinsie. Esterhuyse het saam met Agri Noord-Kaap die gemeenskappe besoek om ook die sekuriteisonderneming ADT Fidelity se tegnologie en dienste aan die landelike gemeenskap bekend gestel het.

Mnr. Joe Scholtz, voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir landelike veiligheid en veediefstal sê: “Dit was duidelik dat die landbougemeenskap in dié gebiede geteister word deur veediefstal, die diefstal van waterpompe in die Kalahari, huisbraak, asook dwelmbedrywighede deur mense wat van buite die gebied inkom.” Elke gemeenskap moet nou sy eie behoeftebepaling doen en dit aan die maatskappy voorlê.

Volgens Scholtz is die belangrikste oogmerk met die samewerking met sekuriteitsmaatskappye om plaasgemeenskappe te beveilig sodat die boere in veiligheid kan leef en werk.

“Dié sekuriteitsdienste kan slegs suksesvol wees as die gemeenskappe hande vat; daarom is dit nodig dat ons boereverenigings, plaaswagte en plaaslike sekuriteitsmaatskappye hierby betrokke raak. Wat seker is en opmerklik was tydens die Agri Noord-Kaap-besoek is dat die lede die individuele kontak waardeer het. Dié waardering vir wat deur die georganiseerde landbou gedoen word, is goed ontvang,” sê Scholtz.

Weens die uitgestrektheid van die Noord-Kaap en die unieke produksiepraktyke wat in gebiede gevolg word, kom daar ook unieke misdade voor wat elkeen sy eie unieke beveiligingsplan nodig het.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
+0.1%
Rand - Euro
18.48
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot