AFGRI
BEAN
29 Nov
-
7600
0,00
CORN
29 Nov
-
3680
0,00
SOYA
29 Nov
-
7573
0,00
SUNS
29 Nov
-
11385
0,00
WEAT
29 Nov
-
6333
0,00
WMAZ
29 Nov
-
3476
0,00
YMAZ
29 Nov
-
3695
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

SAPD moet statistiek oor plaasmoorde gee

Die polisie moet die statistiek wat hy oor plaasmoorde en -aanval insamel, aan AfriForum oorhandig.

AfriForum het 'n oorwinning in die Pretoriase Hooggeregshof behaal nadat Regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen beslis het dat die SA Polisiediens statistiek oor plaasmoorde en plaasaanvalle van 1990 tot 2015, sowel as die metodiek rondom die insameling van die statistiek, aan dié burgerregte-organisasie moet oorhandig.

Mnr. Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, sê in 'n nuusverklaring die hofbevel spruit uit die formele versoek wat AfriForum in Mei 2015 aan die afgedankte nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, gerig het vir die SAPD se volledige plaasmoordstatistiek vir die tydperk van 1990 tot 2015.

Die aansoek is ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gebring nadat die Regering in 2007 bekend gemaak het dat geen verdere statistiek oor plaasmoorde ingesamel sal word nie. Phiyega het egter in Maart 2015 gesê dat die SAPD nog ál die jare daarmee besig is. Sy het beweer die syfers word om “operasionele redes” steeds bygehou, maar nie gepubliseer nie.

“Ons beskou die saak as ’n reuse-deurbraak in die stryd teen plaasmoorde. Die polisie hou hierdie inligting by, maar weier sedert 2007 om dit aan die publiek bekend te maak. Uiteindelik gaan die publiek weet wat die polisie weet. Dit is egter tragies dat ’n mens tot in die hooggeregshof moes baklei om hierdie basiese inligting te bekom,” het Roets, gesê.

Die volgende inligting moet binne 30 dae ná die betekening van die hofbevel op die SAPD bekend gemaak word:

1.    Jaarlikse statistiek vir plaasmoorde en -aanvalle van 1990 tot April 2015.

2.    Jaarlikse provinsiale statistiek vir plaasmoorde en -aanvalle tussen 1990 en April 2015.

3.    Jaarlikse statistiek vir plaasmoorde en -aanvalle, ingedeel volgens streke tussen 1990 en April 2015.

4.    Plaaslike polisiestasies se statistiek vir plaasmoorde en -aanvalle tussen 1990 en April 2015.

5.    Die dokument waarin die metodologie vir die insameling van data vir 1 tot 4 hierbo, sowel as die verwerking daarvan, uiteengesit word.

AfriForum dryf sedert 2012 ’n veldtog om korrekte statistiek rondom plaasmoorde en -aanvalle te bekom, asook om dié tot prioriteitsmisdaad verklaar te kry. Roets het voorts gesê dat die publisering van dié statistiek die eerste stap is om plaasmoorde te prioritiseer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.14
+0.9%
Rand - Pond
21.51
+0.3%
Rand - Euro
18.20
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,792.84
-0.1%
Silwer
23.38
+1.0%
Palladium
1,796.74
+2.6%
Platinum
967.93
+1.3%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
0.0%
Alle aandele
68,615
0.0%
Hulpbronne 10
64,074
0.0%
Industriële 25
92,909
0.0%
Finansiële 15
12,995
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na nuwe vriende
Reguit en eerlik en plat op die aarde. Hou van buite lewe en tyd saam kinders. Wat j sien is wat j kry.
Kom ons kyk wat hou die toekoms in
Ek is n Opregte, eerllike en baie nekiese persoon, wat graag weer my geluk wil deel met n maat en so sal ons sien wat hou die toekoms in.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot