AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Sentiment draai teen onteiening op openbare verhore

akkreditasie
Foto: Willem van der Berg
Foto: Willem van der Berg
Openbare verhore oor die voorgenome wetgewing oor onteiening is onlangs in die Vrystaat gehou.

Gemoedelikheid en openbare verhore oor die voorgenome wetgewing oor onteiening word gewoonlik nie in dieselfde asem genoem nie. Tog was die kalmte en goeie gesindheid waarmee hulle begroet is opvallend vir Vrystaat Landbou (VL) se verteenwoordigers toe hulle van 26-29 Augustus die verhore oor die Vrystaat heen bygewoon het waartydens gemeenskappe hul insette kon lewer.

Anders as in vorige openbare verhore oor die onteieningswetsontwerp toe sprekers wat teen die wetsontwerp gekant was, uitgejou en doodgeskree is, was die atmosfeer gemoedelik, sê mnr. Tommie Esterhuyse, vise-president van VL. “Op die vergadering wat ek die Sondag op Frankfort bygewoon het, is ons hartlik deur die voorsitter verwelkom en dit was opvallend dat daar met aandag geluister is na elkeen se voorlegging.”

Hy sê die verteenwoordigers van VL het die verhore in Botshabelo, Welkom, Bethlehem en Frankfort bygewoon en die terugvoer was dat dit goed georganiseer was en ordelik verloop het. “Uit die Vrystaatse voorleggings het dit vir ons gelyk asof steun vir die onteieningswetsontwerp aansienlik verminder het. Op al hierdie verhore het die meerderheid, insluitend tradisionele leiers, die wetsontwerp verwerp omdat daar teenkanting was teen onteiening sonder vergoeding.”

In sy voorlegging het Esterhuyse aangevoer dat die wetsontwerp ekonomies rampspoedig sal wees omdat dit huidige en toekomstige grondeienaars van hul eiendomsreg sal ontneem. Verdere punte is na vore gebring wat die wye definisies van “openbare belang” en “onteiening” insluit.

VL-verteenwoordigers het beklemtoon dat die onteieningswetsontwerp voorsiening maak daarvoor dat alle eiendom (nie net grond nie) sonder vergoeding geneem kan word. Toegang tot howe is ook beklemtoon as ’n ononderhandelbare saak.

Volgens mnr. Francois Wilken, president van VL, wil dit voorkom asof die publiek toenemend bewus is van die gevaar daarin om die staat ’n blanko tjek vir onteiening te gee. “Hierdie wetsontwerp sal die regering en sy burokrate toelaat om te boelie, intimideer en bates van wetsgehoorsame burgers te steel.”

Die huidige ronde verhore, wat juis met die laaste sitting op 29 Augustus in Frankfort afgehandel is, vorm deel van een van die twee afsonderlike prosesse wat aan die gang is oor onteiening. Die een proses behels die skryf van ’n nuwe onteieningswetsontwerp om die bestaande Onteieningswet van 1975 te vervang. Dié proses word deur die department van openbare werke aangedryf. Dié wetgewing plaas die regering reeds in die posisie om private eiendom te onteien. Wanneer hy ’n nuwe pad of dam op private grond wil oprig, kan hy ingevolge hierdie wet die grond onteien of koop.

Die ander proses is die een wat die wetsontwerp vir die wysiging van die Grondwet se eiendomsklousule (artikel 25) moet formuleer om nulvergoeding by onteiening van grond vir grondhervormingsdoeleindes moontlik te maak. Die ANC het 37 stemme van die opposisie nodig om hierdie klousule van die Grondwet te wysig. Die EFF se LP’s het egter nie opgedaag vir die vergadering wat belê is om te stem oor ’n voorstel dat die afsnypunt vir grondeise tot sover terug as 1 Januarie 1800 verander word nie. Die wysiging was juis ’n poging om die EFF se steun vir die wysiging van die Grondwet te kry. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
Plat op die aarde man. Ietwat introvert tot ek jou leer ken. God is vir my belangrik. Ek gee maklik terug wat ek ontvang. Hou van na die stilte van die plaas gaan waar ek...
Pêrel soek 'n Pasmaat
Ek waardeer die mooi dinge in die lewe - musiek, kuns, 'n goeie boek, heerlike kos. Ek is lief vir mense, diere en kinders. Ek hou van stilte en die natuur. Ek verf graag...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot