AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Senwes sorg toenemend vir infrastruktuur op platteland

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ondernemings soos Senwes het geen ander keuse nie as om in belang van die gemeenskap te help om infrastruktuur in stand te hou, insluitend ander ondernemings wat in die landbousektor betrokke is.

Mnr. Francois Strydom, uitvoerende hoof van Senwes, tydens ’n mediabesoek aan sy hoofkantoor op Klerksdorp gesê almal maak deel van die waardeketting uit. Sy onderneming sorg toenemend daarvoor dat infrastruktuur op die platteland in stand gehou word. Dit geld veral vir paaie omdat provinsiale en munisipale regerings se dienste in duie stort.

Hy het in ’n boodskap wat vooraf op video vasgelê is omdat hy uitstedig was, vertel Senwes het twee padskrapers van miljoene rand gekoop om paaie te skraap en te herbou. “Ons lewer nie slegs dienste waardeur ons onder meer werk verskaf en waarde toevoeg nie, maar help ook om infrastruktuur in stand te hou.” Dit is immers in belang van die gemeenskappe waar Senwes dienste lewer. In sommige distrikte bou Senwes paaie oor sodat boere hul produkte kan vervoer.

“Niemand is meer naïef oor die dienste wat munisipaliteite en provinsiale regerings lewer nie. Daarom moet ons self opstaan en help. Dis ’n les vir almal om self betrokke te raak, want sake-ondernemings is die platteland se lewensaar.” Nogtans wil sommige munisipaliteite nie hul samewerking gee nie.

4 000 km se paaie

Me. Anette Willemse, Senwes se kommunikasiespesialis, het gesê Senwes het reeds meer as 4 000 km se paaie geskraap en herstel.

Me. Elmarie Joynt, hoofregsadviseur en groepsekretaris vir gemeenskapsprojekte, het gesê die oorlog in Oekraïne, wat maande gelede deur Russiese magte binnegeval is, het definitief ’n swaai vanaf mielies na sojabone veroorsaak. Boere plant nog baie mielies, maar aanplantings van sojabone toon ’n stygende neiging. Suid-Afrikaanse boere plant in ieder geval die afgelope jare ál meer sojabone, maar die oorlog het die veldtog verdere stukrag gegee.

Baie boere plant nou ook meer sonneblomme as voorheen, waarskynlik weens die tekort aan sonneblomolie omdat Oekraïene sukkel om onder meer koring en sonneblomolie uit te voer. Dit is omdat die oorlog die uitvoer belemmer. Sonneblomme is egter ’n moeilike gewas om te verbou weens die eiesoortige hantering, opberging, plae en siektes van die gewas.

Sy voorsien dat die dieselprys verder sal styg, maar oor die volgende jaar tot 18 maande kan stabiliseer.

Intussen gaan Senwes voort met sy streng beleid oor die toestaan van produksiekrediet en verkies klante met ’n sterk boerderybasis. In die proses is daar boere wat nie met boerdery kan voortgaan nie, maar daar is ’n neiging dat bure dan hul grond koop om uit te brei. Van die boerderye is nou al so groot dat hulle alleen ’n hele silokompleks se silo’s kan volmaak.

Senwes verkies egter om eers te kyk watter opsies daar is om die boer te help om aan te hou boer.

Beurtkrag is nie net vir boere ’n probleem nie, maar ook vir Senwes wat 160 kragopwekkers besit om sake te laat voortgaan wanneer Eskom nie krag lewer nie, onder meer om graan uit silo’s te laai.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.57
-0.3%
Rand - Pond
22.64
+0.4%
Rand - Euro
20.00
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.36
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
962.23
-2.2%
Palladium
1,390.47
-1.9%
Goud
1,943.14
-1.8%
Silwer
22.24
-1.4%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hier om nuwe mense te ontmoed
Ek is vol lewe hoi van uitdaacings jonk van hart en flees Hou van buitelewe visvang lamp Hou van lag en liefde
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot