AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sernick brei hulp aan opkomende boere uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Meer as 80 boere van Sernick se SerDev-ontwikkelingsprogramme het ’n boeredag by Hertzogville in die Vrystaat bygewoon. Dr. Faffa Malan, onafhanklike veekundige konsultant, het namens die Rooivleisprodusente-organisasie ’n lesing gehou saam met mnr. Willem Kleyn, handelsbemarkingsbestuurder van Elanco. Foto: Verskaf
Meer as 80 boere van Sernick se SerDev-ontwikkelingsprogramme het ’n boeredag by Hertzogville in die Vrystaat bygewoon. Dr. Faffa Malan, onafhanklike veekundige konsultant, het namens die Rooivleisprodusente-organisasie ’n lesing gehou saam met mnr. Willem Kleyn, handelsbemarkingsbestuurder van Elanco. Foto: Verskaf
SerDev, die boere-ontwikkelingsmaatskappy van die Sernick-groep, brei sy hulp aan opkomende kommersiële boere uit.

Op ’n onlangse boeredag op me. Maria Tswayi se plaas Scheerpan naby Hertzogville in die Vrystaat het die groep aangekondig dat hy sy vlak 3-kommersiële boere vir ’n verdere vier jaar sal ondersteun. Dié boere is die afgelope paar jaar deel van SerDev se program wat verskeie opkomende boere tot kommersiële boere ontwikkel het, deur hulle in die kommersiële waardeketting te integreer.

SerDev se boere het die Jobs Fund, die staat se amptelike werkskeppingsfonds, se vyfjaarprogram in die Vrystaat, Gauteng en Noordwes suksesvol voltooi. Maar ’n verdere 50 nuwe toetreders uit dié provinsies word ook nou danksy SerDev deur Absa en Sustainable Agriculture, ’n organisasie sonder winsoogmerk, bemagtig om kommersiële veeboerdery te betree.

SerDev ontwikkel tans ’n program vir die Oos-Kaap nadat ’n reuse-aantal boere van dié provinsie op die maatskappy se databasis vir ondersteuning geregistreer het. Hy hoop om teen 2024 ’n teenwoordigheid in dié provinsie te hê.

Volgens me. Petro Naudé, besturende direkteur, ondersoek SerDev tans betrokkenheid by en bystand vir ontwikkelingsprogramme in die Noord-Kaap, Gauteng, Limpopo en Noordwes, ook met die samewerking van ander belanghebbendes. “SerDev voer langtermyn-, volhoubare boere-ontwikkelingsprogramme op distriks- en provinsiale vlak uit en ons kort vennote om hierdie programme te help finansier. Die programme se finansieringsmodel verg gewoonlik 60% skuldfinansiering en 40% se finansiering in die vorm van toelae.”

Naudé sê die SerDev-model skep ’n plaaslike waardeketting binne die projekte, wat verdere finansiering vir die ontwikkelingsprogramme insamel.

’n Webtuiste, www.serdev.co.za, wat ’n gratis aanlyn opleidingsportaal vir boere bied, is onlangs bekend gestel en Serdev het ook sy teenwoordigheid op sosialemediaplatforms soos Facebook, Twitter en LinkedIn gevestig. Die dieregesondheidsmaatskappy Elanco het die aanvanklike opleidingsmateriaal verskaf.

Die maatskappy het meer as 4 000 boere op sy databasis en volgens mnr. Tebogo Molele, senior mentor vir SerDev en organiseerder van die boeredag op Hertzogville, is dit noodsaaklik dat tradisonele swart veeboere ekonomies aktief raak. “Om dit reg te kry, kort ons vennote en soveel boere moontlik om met ons saam te werk om van die veesektor ’n plek te maak waar welvaart vir ontwikkelende boere geskep word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot