AFGRI
BEAN
08 Des
-
9403
0,00
CORN
08 Des
-
4398,6
21,60
SOYA
08 Des
-
10558,8
58,80
SUNS
08 Des
-
10459,8
39,80
WEAT
08 Des
-
6700
37,00
WMAZ
08 Des
-
4815
2,00
YMAZ
08 Des
-
4420
35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sernick-man se dood wyd betreur

akkreditasie
Elmie en Christo Faasen. Foto: Verskaf
Elmie en Christo Faasen. Foto: Verskaf
“Stil, broers, daar gaan ’n man verby, hy groet en dis verlaas.” Met dié woorde het die Sernick-groep hulde gebring aan mnr. Christo Faasen (57) wat op Sondag 27 Junie aan Covid-19 gesterf het.

Faasen was die uitvoerende hoof van Sernick Veevoere.

Verskeie kliënte, landbouleiers en vriende het ook hulde gebring aan ’n man wat as ’n sagmoedige reus met ’n groot hart beskryf is. Vlae hang halfstok by die onderneming naby Edenville om eer aan Faasen te betoon wat sedert 1997 diep spore in die onderneming getrap het.

Mnr. Nick Serfontein, stigter van Sernick, sê Christo sal onthou word vir sy standvastigheid, onberispelike integriteit, passie vir die lewe en sy werk, asook sy geloof en liefde vir sy Skepper en sy familie. “ ’n Man soos Christo is geplant en nie gesaai nie. Ons was nie net kollegas nie, maar vriende. Sy afsterwe is nie net ’n reuse-verlies vir die maatskappy en vir die landbou in Suid-Afrika nie, dis vir my ’n diep persoonlike verlies.”

Serfontein sê die Sernick-veevoerfabriek op Liebenbergstroom op Edenville wat in 1997 met Faasen as bestuurder begin het, het danksy sy goeie menseverhoudings nuwe kontrakte en kliënte verkry wat die fabriek tot sukses gevoer het. “Sy deursettingsvermoë en kalm beredenering was ’n aanwins en ’n voorbeeld vir die res van ons. Hiervan sal baie van sy kliënte ook getuig.”

Hy is in 2005 aangestel as besturende direkteur van Sernick Veevoere, ’n pos wat hy tot sy afsterwe beklee het. Onder sy leiding het Sernick Veevoere die huidige aanleg ontgroei, vertel Serfontein. “Ten tyde van sy dood was ons saam besig met die beplanning van ’n nuwe aanleg. ’n Droom van hom wat ons sal bewaarheid, maar dit gaan ’n hartseertaak wees sonder hom.”

Christo kom van Aberdeen in die Karoo en het in 1982 aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet gematrikuleer waar hy ook hoofseun was. Ná skool het hy hom vir sy diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag gaan aanmeld. Hy was altyd nederig oor sy tyd in die weermag en in Angola, maar gee dié swaarkry-tyd ook krediet vir baie van sy suksesse, sê me. Sara-Lea van Eeden, woordvoerder van Sernick.  “Dit het by hom ’n gevoel van deursettingsvermoë en geduld gekweek wat hom deur baie persoonlike en professionele hindernisse gelei het.”

Hy het hom in 1984 aan die Universiteit van die Vrystaat ingeskryf om BScAgric te studeer. Hoewel hy graag die familiebesigheid wou voortsit, kon hy nie finansieel by sy pa oorneem nie en hy het begin werk nadat hy sy graad behaal het. In 1988 het Christo by NOLKO, vandag bekend as Agri Animal Feed, in Bethlehem begin werk as tegniese veevoeradviseur. Hy is spoedig bevorder tot senior tegniese adviseur, destyds die gebiedsbestuurder, en in 1995 het hy as bemarkingsbestuurder tot 1997 waargeneem. 

Christo het Serfontein en Sernick leer ken toe hy hulle as kliënte van NOLKO gedien het. Dit het uiteindelik gelei tot ’n hegte vriendskap en sy aanstelling in 1997 as bestuurder van die nuwe veevoerfabriek op Liebenbergstroom op Edenville.

Elmie en Christo Faasen
Elmie en Christo Faasen het deur Landbouweekblad se Opsitkers ontmoet. Foto: Verskaf

Liefde in die Opsitkers

Christo word oorleef deur sy vrou, Elmie, hul drie kinders, Jaco, Francois en Lizandie, en twee skoondogters, Michele, getroud met Jaco, en Anjelieke, getroud met Francois, asook sy drie kleindogters. Elmie het aan Landbouweekblad hul uitsonderlike liefdesverhaal vertel wat juis by dié tydskrif begin het. Terwyl Christo in 1983 met sy diensplig besig was, het hy ses maande lank met ’n Opsitkers-knipsel in sy hempsak geloop. Haar inskrywing vir dié maatsoek-rubriek het sy aandag getrek.

Hy het dié betrokke Landbouweekblad met haar inskrywing vir die Opsitkers in ’n asdrom gekry. Die knipsel is saam met hom grens toe en hy het eers maande later van hom laat hoor. Weens sy ontplooiing in Angola het hy ook eers maande daarna haar antwoord gekry. Hulle het met mekaar bly korrespondeer en Christo het haar op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat kom opsoek nadat hy met sy studie begin het. Daar het hy uiteindelik haar hart gewen en hulle is in 1988 getroud. 

“Christo het my vanaf die Opsitkers-ashoop tot in sy hart se paleis ingedra. Daar het hy my 38 jaar lank gekoester, liefgehê en bemin. Nooit het daar een lelike woord uit sy mond teenoor my gekom nie,” sê Elmie. Sy sê almal met wie hy te doene gekry het, het na hom opgekyk, by hom geleer en is op hul beurt met groot respek deur Christo behandel. “Sy liefde vir die rykstes tot die boemelaar was merkwaardig. Hy het baie saad in die grond gesit en mag diegene wat agterbly die soet vrugte van sy lewe geniet.”

Christo se gedenkdiens word op Saterdag 3 Julie om 11:00 by Sernick gehou en kan vanaf 10:45 regstreeks op Youtube gevolg word by die volgende skakel: https://youtu.be/79bKzcmOf0g

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.17
-0.1%
Rand - Pond
20.91
+0.2%
Rand - Euro
18.06
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,786.33
+0.0%
Silwer
22.75
+0.2%
Palladium
1,855.22
+0.1%
Platinum
1,007.00
+0.1%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,056
+0.3%
Alle aandele
74,200
+0.3%
Hulpbronne 10
73,348
+0.2%
Industriële 25
91,312
+0.6%
Finansiële 15
15,562
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot