AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8529
-33,00
CORN
17 Aug
-
4015
-47,00
SOYA
17 Aug
-
8705
-40,00
SUNS
17 Aug
-
10912
59,00
WEAT
17 Aug
-
6890
6,00
WMAZ
17 Aug
-
4320
-34,00
YMAZ
17 Aug
-
4235
-17,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Sernick-program vir swart boere gaan van krag tot krag

akkreditasie
Altesame 140 ontluikende boere het op Sernick se boeredag hul nasionale sertifikaat in diereproduksie ontvang. Dit is ’n NQF 4-kwalifikasie. Foto: Verskaf
Altesame 140 ontluikende boere het op Sernick se boeredag hul nasionale sertifikaat in diereproduksie ontvang. Dit is ’n NQF 4-kwalifikasie. Foto: Verskaf
Sernick en die Jobs Fund se program vir opkomende boere wérk, want dit pak die werklike behoeftes van dié boere aan.

Só het mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, op die opening van die groep se jaarlikse boeredag vir opkomende boere op die plaas Liebenbergstroom in die distrik Edenville gesê. 

Meer as 450 opkomende boere het die dag bygewoon en dit was opmerklik om te sien hoeveel mense die lesings op hul selfone opgeneem of aandagtig notas gemaak het van die inligting wat oorgedra word. 

Hulle het aan die lippe van dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika, gehang toe hy op sy eiesoortige manier die bekamping van brucellose verduidelik en sy lesing aangevul het met ’n praktiese demonstrasie deur ’n aantal jong veeartse oor hoe ’n mens monsters vir ontleding moet neem. Agterna is hy behoorlik stormgeloop deur boere wat vrae gehad het. 

Vir Serfontein is dié gretigheid om inligting te bekom juis die rede waarom hy die afgelope paar jaar volhard met verskeie uitreikings- en opleidingsprogramme. Sernick het in 2015 begin om ontluikende boere te ondersteun, sonder dat die groep enige idee gehad het hoe om dit te doen.

Serfontein het toe besef dié boere is aan die diep kant ingegooi. “Ek het angs en vrees in opkomende boere se oë gesien op die eerste boeredag wat ons vir hulle gehou het. Vir die eerste keer kon hulle formele opleiding kry en hulle het dit aangegryp.”

Hy het ook besef waarom 90% van die boerdery op die grond wat die staat herverdeel het, nie die mas kon opkom nie. “Jy kan nie iemand toegang tot grond gee sonder finansiering, mentorskap en opleiding nie.”

660 boere

Sernick se program vir opkomende boere word vandag deur die Jobs Fund, die staat se amptelike werkskeppingsfonds, as een van sy vlagskipprojekte beskou. Sedert 2017 het meer as 660 swart beesboere Seta-geakkrediteerde opleiding ontvang, asook die geleentheid om hul vee vir beter diere te verruil. Op die jongste boeredag het 140 boere hul nasionale sertifikaat in diereproduksie ontvang. Dit is ’n NQF 4-kwalifikasie. 

“Ons kies die mense met potensiaal en passie. Hulle het toegang tot grond. Ons lei hulle op, ons help hulle met beeste en infrastruktuur, ons mentor hulle aanhoudend en ons monitor hulle. Die belangrikste van alles is dat dit volhoubaar is en werk skep,” het Serfontein gesê. 

Uit die 660 boere is 300 gekies vir verdere tegniese opleiding, wat hulle help om hul eie kuddes te vestig en om ’n goeie kontantvloei te handhaaf. Uit hierdie groep is 50 boere gekies vir opleiding om hulle as kommersiële boere te vestig. Hiervan het 22 reeds volwaardige kommersiële status bereik. 

 “Ek belowe julle, ons sal oor twee of drie jaar weer hier staan en kan sê dat ons 100% sukses met hierdie program behaal het,” het Serfontein gesê. 

Rompslomp

Mnr. William Bulwane, Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, het in sy toespraak toegegee dat ontluikende boere uitgelewer is aan heelwat rompslomp as hulle by die regering om hulp aansoek doen.

William Bulwane
Mnr. William Bulwane, Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, praat op die jaarlikse Sernick-boeredag vir ontluikende boere. Foto: Verskaf

“Asof dit nie genoeg is nie, is daar nog amptenare wat ‘papgeld’ (omkoopgeld) verwag voor hulle help,” het Bulwane gesê. Hy het nie gesê watter stappe teen dié korrupte amptenare gedoen word nie.

Volgens Bulwane werk die regering daaraan om prosesse te vergemaklik en vorms aanlyn te laat invul. Hy het ook benadruk dat die regering dankbaar en trots is dat swart ontluikende boere daarna streef om sonder staatshulp tot op kommersiële vlak te kom.

“In Suid-Afrika wag ons mos dat die regering alles vir ons doen. As hy misluk of hy het nie die hulpbronne nie dan betoog ons in die strate. In die lig daarvan is die regering baie dankbaar vir die boere wat op hul eie sukses behaal.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.68
-1.7%
Rand - Pond
20.07
-1.1%
Rand - Euro
16.95
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.53
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,761.67
-0.8%
Silwer
19.72
-2.1%
Palladium
2,140.50
-0.9%
Platinum
922.00
-1.7%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.3%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurmens
Ek is n natuur mens wat hou van die buitelewe. Ek is n God's kind. Baie lojaal en liefdevol. Ek is hou van gesels en romanse
Twee halwes maak een!
Eks lewenslustig, betroubaar, hardwerkend (een man vrou) energiek en hou van uitdagings. Ek hou van kosmaak, diere, mense en kinders. Eks n netjiese vrou en kyk mooi na myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot