AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sitrusbedryf wil dié tameletjies uit die weg ruim

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Spesifieke probleme moet uit die weg geruim word om te verseker dat Suid-Afrika se sitrusbedryf van R30 miljard oorleef, meen die Sitruskwekersvereniging (SKV).

Die SKV het vanjaar sy eerste beraad sedert die uitbreking van die covid-19-pandemie gehou. Die beraad het op 15 en 16 Maart in Gqeberha plaasgevind en is deur meer as 500 belanghebbers uit die sitrusbedryf bygewoon.

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die SKV, sê die doel van die beraad was nie net die ontwikkeling van ’n plan vir toekomstige groei nie, maar ook die skep van geleenthede en die ontwikkeling van ’n plan vir inklusiewe groei wat swart kwekers sal bevoordeel.

Aangesien daar vanjaar volgens die SKV 10 miljoen kartonhouers sitrus (15 kg) per jaar meer vergeleke met die vorige dekade uitgevoer sal word met ’n mikpunt van 260 miljoen kartonhouers teen 2032, het die beraad veral gekonsentreer op uitvoergeleenthede wat benut moet word, en kwessies wat opgelos moet word om die verskeping van dié verhoogde produksie te verseker.

140 000 werksgeleenthede, R30 miljard

Die sitrusbedryf onderhou tans 140 000 werksgeleenthede en het ’n jaarlikse uitvoerinkomste van R30 miljard. Volgens die SKV kan die bedryf ’n verdere R20 miljard in uitvoerinkomste verdien as die doelwit van 260 miljoen kartonhouers bereik word.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, wat die beraad geopen het, het erkenning gegee aan die verskeie struikelblokke wat die sitrusbedryf die afgelope jaar moes oorkom, onder meer beurtkrag en die nuwe regulasies vir die bestuur van valskodlingmot.

Sy het gesê die regering sal aanhou om die bedryf te steun deur multilaterale verhoudinge met Viëtnam, die Filippyne en Singapoer te bou en groter marktoegang te bevorder. Die bedryf sal nou met haar departement se beurtkragtaakspan saamwerk om met oplossings vorendag te kom wat die impak van beurtkrag op die landbousektor sal verlig.

Die belangrikste uitvoermarkte wat vir die volgende jare prioriteit sal geniet, is Amerika, die Europese Unie (EU), Thailand, Suid-Korea, Indië, Japan, Viëtnam en die Filippyne.

Die grootste tameletjie wat tydens die beraad bespreek is, is die EU se nuwe riglyne vir die bekamping van valskodlingmot wat vanjaar vir sitruskwekers na verwagting bykomende koste en verlies van inkomste van R500 miljoen tot gevolg kan hê.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, het op die beraad in ’n paneelbespreking oor groter transformasie in die sitrusbedryf gesê die landbousektor het ’n voordeel bo ander sektore wat die vermindering van armoede vir die armste individue in samelewing betref, asook ander belangrike uitkomste soos voedselsekerheid en behoorlike voeding.

Me. Louisa Maloka-Mogotsi, ’n sitruskweker van Noordwes, het gesê een van die groot frustrasies vir swart kwekers is ’n gebrek aan finansiële steun van die staat en finansiële instellings. “Ek hoort in hierdie land. Hierdie land moet na my kyk. Ons wil boer, maar ons het finansiële hulp nodig.”

Mnr. Eric Nohamba, ’n kweker van die Oos-Kaap, het bygevoeg dat die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking meer as net woorde op papier moet wees: Dit moet toegepas word om swart kwekers te steun.

Die doeltreffendheid van Suid-Afrikaanse hawens en logistiek wat goed kan funksioneer, is op die beraad as nog ’n groot kwessie geïdentifiseer aangesien dit kwekers se vermoë om hul vrugte by globale markte te kry, kniehalter.

Me. Portia Derby, uitvoerende hoof van Transnet, het die maatskappy se visie om die bedryf te steun op die beraad gedeel, spesifiek die deelname van die private sektor by die hawens in Durban en Gqeberha wat in April vanjaar gefinaliseer sal word.
 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.22
-0.8%
Rand - Pond
22.28
-0.2%
Rand - Euro
19.58
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-1.2%
Platinum
967.61
-1.7%
Palladium
1,406.83
-1.1%
Goud
1,998.38
+0.2%
Silwer
23.38
+1.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,182
-1.3%
Alle aandele
74,703
-1.2%
Hulpbronne 10
64,220
-1.5%
Industriële 25
101,647
-1.0%
Finansiële 15
15,185
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot