AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4434
-77,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10780
-32,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
4923
-86,00
YMAZ
05 Des
-
4830
-78,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Siyabonga-dag belig geleenthede in wynbedryf

akkreditasie
Wyndruifdoppe word uit 'n wynvat gekrap. Foto: Alani Janeke
Wyndruifdoppe word uit 'n wynvat gekrap. Foto: Alani Janeke
Om laagtepunte in die Suid-Afrikaanse wynbedryf in geleenthede te verander is die tema van Agri-Expo se eerste Siyabonga-dag vir 2021. Dit word op Woensdag 31 Maart op Wellington aangebied.

Agri-Expo het verlede jaar die eerste drie Siyabonga-dae, wat voorheen as Agri-Expo-inligtingsdae bekend gestaan het, op Beaufort-Wes, Grassy Park en Clanwilliam aangebied.

Volgende week se Siyabonga-dag vind by Thokozani-konferensies op die Diemersfontein-landgoed plaas. Dit word ook regstreeks uitgesaai.

Mnr. Breyton Milford, bedryfsbestuurder van Agri-Expo, sê die Siyabonga-dae skep ’n innoverende platform vir die landbougemeenskap om saam te kan gesels oor probleme én geleenthede in die bedryf. “Die Siyabonga-dae gee basiese landbou-inligting deur in ’n unieke formaat. Boere deel ’n platform met kenners in die bedryf en kry die geleentheid om vrae te vra en sodoende hul kennis te verbreed om uiteindelik produktiewer te wees.”

“Siyabonga”, wat dankie beteken, is ook ’n akroniem vir “Sharing Information to improve Yields in Agriculture for a Better-Off Next Generation of Agriculturalists”.

“Ons programinhoud konsentreer op sleutelfaktore wat die landboubedryf kan versterk, waaronder die betrokkenheid van vroue, geleenthede vir jong mense, bemagtiging, asook alternatiewe maniere van dink en doen,” sê Milford.

Vier kundiges sal op volgende week se Siyabonga-dag raad en insig gee oor bemagtiging in die wynbedryf, asook geleenthede vir vroue en jong mense:

• Me. Denise Stubbs, besturende direkteur van Thokozani Wines, sal gesels oor transformasie in die bedryf.

• Me. Wendy Petersen, bedryfsbestuurder van die SA wynbedryf-transformasie-eenheid (Sawitu), sal ’n toekomsvisie vir ’n inklusiewe bedryf deel.

• Me. Kelsey Shungking, wat die afgelope drie jaar ’n protégé is van die Kaapse Wynmakersgilde en tans ’n internskap by Mullineux & Leeu Family Wines doen, sal gesels oor haar ervaring van geleenthede vir vrouewynmakers.

• Mnr. Brenton Maarman, dosent in mikrobiologie en wingerdkunde aan die Landbou-opleidingsinstituut Elsenburg, sal konsentreer op opleiding- en loopbaangeleenthede vir jong mense.

Dr. Mogale Sebopetsa, hoof van die Wes-Kaapse departement van landbou, sê die Siyabonga-dae skep die ideale platform om meer mense met hul boodskap te bereik. “Die Wes-Kaapse departement van landbou wil die nodige ondersteuning aan ons boere bied om produktiwiteit te verbeter en voedselsekerheid te verseker.

“Die landbousektor is die sonskynsektor wat die sleutel is tot die ekonomiese herstel van nie net die Wes-Kaap nie, maar ook Suid-Afrika.”

’n Beperkte aantal mense kan die geleentheid fisiek bywoon weens Covid-19-regulasies. Belangstellendes kan van 10:00 tot 13:00 gratis aanlyn inskakel deur by www.Siyabongadays.co.za te registreer.

Opnames van vorige Siyabonga-dae is steeds gratis beskikbaar by www.agriexpo.co.za en www.livestock.org.za. Kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za vir nog inligting.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+1.1%
Rand - Pond
21.34
-0.0%
Rand - Euro
18.31
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.81
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,798.17
-0.0%
Silwer
23.11
-0.2%
Palladium
1,919.00
+1.0%
Platinum
1,018.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,147
+1.3%
Alle aandele
75,216
+1.2%
Hulpbronne 10
74,892
+1.2%
Industriële 25
92,807
+1.3%
Finansiële 15
15,620
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot