“Die veediefstal op my plaas het heeltemal opgehou terwyl die ouens in die tronk is,” sê mnr. Greg Miles van die plaas Bare Acres naby Stutterheim. “Voor dit was dit baie erg, ek het amper opgehou om met skape te boer.”
Miles sê amptenare van die tronk waar die vier mans aangehou word, het hom onlangs kom sien en meegedeel hulle wil die diewe parool gee weens die hoë Covid-19-besmettingsrisiko in die tronk. “Ek kan dit nie glo nie. Wat van al die werk en moeite wat die polisie gedoen het om hulle vas te trek, en die landdros met die hofsaak?”
Volgens Miles het van die veediewe boonop ander klagtes hangende teen hulle.