AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Skaliegas: Agri SA oorweeg opsies ná appèl misluk

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Danie Vermeulen
Ter illustrasie. Foto: Danie Vermeulen
Agri SA win regsadvies in ná ’n mislukte appèl teen omgewingsmagtigings deur die staat aan die petrochemiese maatskappy Rhino Oil and Gas.

Dié magtigings raak beoogde eksplorasie vir onder meer skaliegas in vier provinsies, wat minstens 15 000 plase raak.

Mnr. Derek Hanekom, waarnemende Minister van Omgewingsake, het op 9 November bekend gemaak dat hy die appèlle van 39 individue en organisasies, onder meer Agri SA, van die hand gewys het. Dit is ingedien teen die omgewingsmagtigings wat mnr. Mosebenzi Zwane, voormalige Minister van Minerale Hulpbronne, op 2 Oktober verlede jaar aan Rhino Oil & Gas toegestaan het.

Tensy daar ’n hersieningsaansoek volg wat die minister se besluit ter syde stel, kan eksplorasiebedrywighede plaasvind, sê mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA.

Agri SA het juis teen Rhino Oil & Gas se omgewingsmagtigings appèl aangeteken vanweë die heersende onsekerheid oor die beskikbaarheid en moontlike besoedeling van water, asook grond- en lugbesoedeling wat met olie- en gasontwikkeling gepaardgaan.

Voor daar ontgin word, is daar egter ‘n paar regsvereistes wat nagekom moet word, moontlike watergebruikslisensies moet bekom word en die eksplorasiereg self moet ook nog toegestaan word, sê Rabe.

“Maar die omgewingsmagtigingselement en die feit dat die appèlproses onsuksesvol was, maak dat daar wel eksplorasiebedrywighede kan plaasvind, tensy daar ‘n hersieningsaansoek volg wat die minister se besluit ter syde stel.” 

Vier provinsies geraak

Die eksplorasieregte beslaan ongeveer 2,4 miljoen hektaar in Noordwes, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die aansoeke is al ‘n paar jaar omstrede omdat daar gevrees word dat dit tot grootskaalse skaliegasbedrywighede (onder meer by wyse van hidrobreking) kan lei.

Die probleem met die toestaan van tegniese samewerkingspermitte en eksplorasieregte vir skaliegas ingevolge die Wetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne is dat die houers van dié regte die eksklusiewe reg kry om aansoek te doen om produksieregte, wat heel waarskynlik gegee sal word, volgens Rabe.

In antwoord op ’n vraag of Agri SA ’n hersieningsaansoek gaan indien, sê hy dit kan ingedien word deur enige van die 39 individue en organisasies wat die appèl by die Minister van Omgewingsake ingedien het.

“Agri SA sal sekerlik regsadvies inwin om seker te maak dat die redes wat die minister gegee het om tot sy besluit te kom, nie foutief of gebrekkig was nie. Ons voorlopige aanduidings is dat die appèlgronde wat Agri SA aangevoer het, nie oorweeg is in die redes wat die minister gegee het vir sy besluit nie,” sê Rabe. 

Hy het ook verwys na ‘n vroeëre hofbeslissings ten gunste van Agri SA in die Oos-Kaap wat bepaal het dat die Department van Minerale Hulpbronne sy magte oorskry het toe hy regulasies oor hidrobreking gepubliseer het. “In die lig van hierdie hofbeslissing kan die besluit (om die appèl teen omgewingsmagtigings van die hand te wys) wel op hersiening geneem word.”

Rabie sê dit lyk of die Regering steeds ‘n sterk aptyt het vir die vestiging van ‘n olie-en-gaseksplorasiebedryf in Suid-Afrika het, maar daar is minder geesdriftigheid in die private sektor. Daar was die afgelope 12 maande geen nuwe aansoeke om eksplorasieregte nie.

“Ek dink die bedryf sit en wag en kyk wat die uitkoms van hierdie eksplorasiereg-aansoek of die omgewingsmagtigingsprosesse is voor hy besluit of dit die moeite werd is om voort te gaan met ‘n proses wat baie duur en omslagtig is.” 

* Die vier ekplorasiereg-aansoeke waaroor die saak handel is 12/3/294ER; 12/3/295ER; 12/3/317ER en 12/3/318ER. 

Meer inligting oor elkeen van die aansoeke is op SLR Consulting, die betrokke omgewingskonsultant se webwerf beskikbaar: 

12/3/294ER is op areas in die Vrystaat van toepassing.

12/3/295ER is op areas in die Oos-Kaap van toepassing.

12/3/317ER is op areas in KwaZulu-Natal van toepassing.

12/3/318ER is op areas in die Vrystaat en Noordwes van toepassing.

(Klik op elke kode om die spesifieke aansoek en meer inligting daaroor te sien.)

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.25
+0.4%
Rand - Euro
18.33
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,772.74
-1.4%
Silwer
22.20
-4.1%
Palladium
1,893.50
-0.3%
Platinum
1,004.50
-1.5%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot