Die Suid-Afrikaanse watertribunaal het op 31 Mei vanjaar ’n vroeëre opdrag van die departement van water en sanitasie bekragtig dat die Corona-plaastrust ’n onwettige dam op die plaas Bergview in die Winterton-omgewing moet afbreek.
Mnr. David Gace, ’n boer en trustee van die trust, het in 2019 teen dié opdrag van die departement na die tribunaal geappelleer. Mnr. Rob McCarthy van McCarthy Prokureurs, Gace se regsverteenwoordiger, het aan Landbouweekblad gesê hulle gaan binnekort ’n aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg bring om die tribunaalbesluit te hersien.
“Grondeienaars (in sulke situasies) word gewoonlik toegelaat om om waterlisensies aansoek te doen. As dit goedgekeur word, kan daar ’n boete wees, maar die dam kan bly staan. Eers as só ’n aansoek afgekeur word, is daar sprake dat die dam afgebreek moet word.