AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Skrap van hoendertariewe sal tot ‘vloed van invoer’ lei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: RCL Foods
Ter illustrasie. Foto: RCL Foods
Verbruikers sal die uiteindelike verloorders wees as invoertariewe op hoendervleis geskrap word, sê die plaaslike pluimveevereniging.

As die invoertariewe op hoendervleis geskrap word, iets waarvoor die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders (AMIE) vra, sal dit geen uitwerking op die hoofaandrywers van voedselinflasie hê nie, sê mnr. Izaak Breitenbach, hoof van die braaihoenderorganisasie van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV).

Breitenbach het gereageer op die voorstel van mnr. Paul Matthew, uitvoerende hoof van AMIE, dat bestaande tariewe opgeskort moet word en geen nuwe tariewe vir die volgende drie jaar ingestel word nie. Dit lyk volgens Breitenbach op die oog af na ’n aanloklike voorstel, maar is “ekonomies gevaarlik”.

Voedselinflasie word, weens die oorlog in Oekraïne, aangedryf deur die styging in voer-, brandstof- en kunsmispryse. Pryse was voor die oorlog reeds aan die styg weens die uitwerking van die covid-19-pandemie op wêreldhandel en die prys van grane, wat sowat 70% van pluimveeprodusente se insetkoste verteenwoordig.

“Om alle tariewe te verwyder en te waarborg dat geen nuwe tariewe vir drie jaar ingestel sal word nie, sal lei tot ’n vloed van gestorte en roofsugtige hoendervleisinvoer, erger as wat ons in die jare tot 2018 ervaar het. Dit het tot inkrimpings en werkverliese gelei en sonder tariewe sal dit wéér gebeur.

“Kleinskaalse onafhanklike produsente, wat dikwels familie-ondernemings is wat die ruggraat van ons landelike gemeenskappe is, sal die grootste uitwerking ervaar.”

‘Invoerders gee nie lae pryse deur nie’

Breitenbach sê tot dusver het invoerders nie die voordeel van gestorte hoendervleis se pryse aan verbruikers deurgegee nie en pleks daarvan hul produk aangebied teen marginaal laer pryse as plaaslik geproduseerder hoendervleis.

Invoerders se wins en inkomste is die afgelope drie jaar deur ’n daling in invoervolume van hoendervleis benadeel. “Die verwydering van tariewe sal net die hand van invoerders versterk om markoorheersing en mag oor prys te verkry sodat hulle die mededinging van plaaslike produsente kan uitdryf. Só sal hulle ’n bedryf vernietig, Suid-Afrika se weerloosste mense laat ly en alle verbruikers weerloos maak vir aanbod-ontwrigtings.”

Meesterplan gemik op herstel

Die verwydering van tariewe sal die plaaslike bedryf in gevaar stel, juis nou dat die bedryf besig is om te herstel van skade weens dekades van onbillik gepryse, gestorte en roofsugtige hoendervleisinvoer.

Die pluimveemeesterplan is in 2019 opgestel om dié herstel te laat plaasvind, deur die beperking van invoer en die uitbreiding van plaaslike vraag en produksie vir die plaaslike en die uitvoermark. Terselfdertyd kan byna 5 000 werkgeleenthede geskep word.

Die bedryf het reeds sy kapasiteit vergroot, maar weens die uitwerking van die pandemie en nou ook die Oekraïne-oorlog word ’n deel daarvan nie gebruik nie. Dit kan egter vinnig weer in gebruik geneem word.

“Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf is ’n strategiese nasionale bedryf en bate ter waarde van R50 miljard, wat verantwoordelik is vir meer as 100 000 werkgeleenthede, beide direk en indirek, en noodsaaklik is vir voedselsekerheid.

“As die bedryf in agteruitgang ingedwing word, of inmekaarstort, sal nie net duisende werkgeleenthede in die pluimveewaardeketting verlore wees nie, maar invoerders sal na willekeur pryse na enige vlak kan verhoog.”

Uitvoerplanne vorder stadig, maar seker

Oor AMIE se kritiek dat die plaaslike bedryf nie vorder met uitvoerplanne nie, sê Breitenbach as ’n uitvoerorganisasie behoort AMIE die versperrings en struikelblokke goed te ken. “Uitvoer kan nie net skielik aangeskakel word nie.”

Die SAPV werk saam met plaaslike produsente en die regering om aandag te gee aan probleme en om uitvoer te verhoog. “Die vordering was stadig, maar ons verwag later vanjaar ’n bietjie goeie nuus. In dié stadium het die bedryf besluit om borsvleis na die Europese Unie uit te voer en die proses om Suid-Afrika vir die uitvoer van gaar en halfgaar produkte te akkrediteer, het begin.”

Breitenbach sê dit sal die saamgestelde inkomste vir ’n heel hoender verhoog en dit vir die bedryf moontlik maak om hoendervleis teen nóg mededingender pryse aan plaaslike verbruikers te bied.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
+1.5%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.95
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
985.62
+1.8%
Palladium
1,470.98
+1.6%
Goud
1,980.26
+0.8%
Silwer
23.83
+2.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Staan op met n lied in jou hart
Sag-geaard van nature, maar tog ferm en doelgerig. My ja is my ja en my nee is my nee, use it, don't use it. Ek kan ure aaneen na jou luister en jou geselskap geniet, en...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot