AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Slenkdalkoors: Is daar te min entstof?

akkreditasie
Foto: Gerrit Bezuidenhout
Foto: Gerrit Bezuidenhout
Hoewel dit lyk of OBP en boere die blaam vir tekorte aan entstof teen slenkdalkoors voor mekaar se deur wil lê, sê dr. Peter Oberem, direkteur van die dieregesondheidsmaatskappy Afrivet, albei partye het ‘n aandeel in die situasie.

Hoewel dit lyk of OBP en boere die blaam vir tekorte aan entstof teen slenkdalkoors voor mekaar se deur wil lê, sê dr. Peter Oberem, direkteur van die dieregesondheidsmaatskappy Afrivet, albei partye het ‘n aandeel in die situasie.

Oberem, wie se maatskappy ook dieremedisyne vervaardig, sê vervaardigers grond die mark se behoefte op hul verkoopsregister. OBP se bestuur jok dus nie as hy aanvoer dat hy soveel medisyne vervaardig as waarvoor daar bestellings is nie. “OPB vervaardig soveel as wat daar in die vorige jaar verkoop is,” sê Oberem.

“Die stelsel kan egter nie verkope registreer waarvoor daar nie voorraad was nie. Dit bring mee dat daar nooit meer entstof as in die vorige jaar vervaardig word nie.”

Aan die ander kant, sê Oberem, ent boere nie almal elke jaar hul diere in nie. Dit maak dat daar as ‘n reël nie ’n uitsonderlike groot vraag na entstof teen slenkdalkoors is nie. In jare soos vanjaar wanneer die risiko vir uitbrekings egter baie groot is, wil alle boere inent.

Die vraag gaan toeneem ná die eerste reën, waarsku hy. Die vraag oorskry dus skielik vorige jare se verkoopsyfers en die vervaardigingsvolumes wat daarvolgens bepaal word.

Inenting as versekering

Oberem waarsku dat die situasie op ‘n krisis afstuur en doen ‘n beroep op boere om te sorg dat hulle entstof bekom en hul diere inent. Hy gee toe dat daar waarskynlik te min entstof vir al die vee is wat geënt moet word en sê hy hoop OBP het ‘n plan.

“Die situasie vanjaar lyk presies dieselfde as in 2009-’10 toe ons sulke groot uitbrekings van slenkdalkoors gehad het. Daar was toe ook een of twee klein uitbrekings laat in die somer en vroeg in die winter. Toe was die siekte dormant tot die eerste reën geval het. Daarna het dit baie vinnig in ‘n krisis ontaard. Ek is bevrees dit kan weer gebeur.”

Oberem sê boere moet aan inentings as versekering dink.

“Jy kan mos nie wag tot jy ‘n diefstal het en dan skielik versekering wil kry nie. Dit moet voorkomend gedoen word, al voel jy dit is geld wat jy beter kon gebruik het in daardie stadium.”

Voortdurende kommunikasie

’n Paneel kundiges het ook onlangs op ’n slenkdalkoorskonferensie in Pretoria gewaarsku dat ’n wesenlike risiko bestaan dat slenkdalkoors vir ’n tweede keer vanjaar in Suid-Afrika kan uitbreek.

Navorsing aangaande klimaat, plantegroei en reënval dui aan dat toestande heelwat ooreenstem met dié van 2010-’11 toe slenkdalkoors groot skade aangerig het. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het toe meer as 14 000 slenkdalkoorsgevalle in agt provinsies aangemeld, met 278 mense wat die siekte opgedoen het. Altesaam 25 mense het weens die uitbreking gesterf. 

Intussen het dr. Bothle Modisane, hoofdirekteur van die direktoraat veeartsenydienste van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, gesê samewerking tussen verskillende belanghebbendes is uiters belangrik.

“Die samewerking tussen die departement – ook op provinsiale vlak – die NIOS, die Landbounavorsingsraad se Onderstepoort-instituut vir Veeartsenykunde, OBP en veeboere is uiters waardevol en is beklemtoon tydens die uitbreking van slenkdalkoors in die Vrystaat vanjaar. Slegs een telefoonoproep was nodig om die stelsel in werking te kry en ons kon die siekte vinniger onder beheer kry.” 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
-0.9%
Rand - Pond
21.24
-0.9%
Rand - Euro
18.98
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
979.16
+0.6%
Palladium
1,600.15
-2.0%
Goud
1,871.67
+0.0%
Silwer
22.41
+0.3%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,544
-0.7%
Alle aandele
79,622
-0.8%
Hulpbronne 10
74,157
-1.4%
Industriële 25
103,106
-0.3%
Finansiële 15
16,408
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Standvastige, lewenslustige man
Ek is n rustige persoon wat nie van drama hou nie. Ek is lojaal, Sal jou laat lag en kan baie romantics wees. Ek is nie die grapjas of ou wat die meeste by n partytjie praat...
Kom ons gaan visvang en hang uit, geniet die lewe saam
Ek is vriendelike vrou en het 12jarige dogter. Was nog nooit getroud nie, graag wil ek geluk hê, en wil die lewe aanpak met iemand ek elke dag kan spandeer. Geld is niks in die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot